Successfully reported
+53

Manley Wine Estate

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Main Winterhoek Road, PO BOX 318, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 420 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Manley Wine Lodge is op die platteland in Tulbagh, slegs 90 minute se ry vanaf Kaapstad se middestad geleë, en word deur majestueuse uitsigte op die berg, oor die wingerde en pragtige landerye omring. Die landgoed is slegs 1,9 km buite die historiese Tulbagh-middedorp, wat vir museums, 'n unieke aardbewinggeskiedenis en 'n rits kulturele aktiwiteite bekend is.

Die landgoed bied plattelandse B&B-verblyf in groot, stylvolle en suite-slaapkamers en 2 semi-losstaande grasdak-selfsorgkothuise. Al die B&B-kamers het lugversorging, koffie- en teemaakgeriewe, DStv met sekere kanale, yskassies en kaggels.

Die restaurant op die perseel, The Taste, bedien ontbyt aan alle gaste. Ontbyt is by die gastekamers ingesluit, maar die kothuise is selfsorg. Gaste wat by die kothuise inklok, is meer as welkom om ontbyt by die restaurant teen 'n ekstra koste te bestel.

Die landgoed het 'n groot swembad en 'n gemeenskaplike lapa met 'n groot braai-area. Die verblyf maak van sonkrag gebruik en word dus nie deur beurtkrag geraak nie.

Die bekende, privaat wynkelder van Manley het bekroonde premium-rooiwyn en -witwyn en bied daagliks wynproe-ervarings. Verkope is vir gaste en besoekers van buite beskikbaar.

Aktiwiteite in die omgewing sluit perdry, voëlkyk, stap, swem en bergfietsry in.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 59 resensies

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.0
Diens
3.9
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Karl G
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastiese verblyf op 'n wynplaas. Dis 'n fantastiese plek, so op 'n wynplaas. Die kaggel in die kamer is 'n wenner. Ontbyt en aandete is heerlik met...
Sien meer
Aug 2025
Phil R
Besigheidsreis
5.0
Comfortable room. Friendly staff. Conveniently located and close to the venue where I was working this weekend.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2025
Barbara C
Saam met vriende
5.0
Die kamer was gerieflik en behoorlik ingerig. Die ontbyt was voortreflik. ‘n Fantastiese ervaring.
Aug 2025
Lindsay L
Saam met vriende
5.0
We will 100% be back. Absolutely brilliant accommodation and restaurant, staff are exceptionally welcoming and had such an amazing time...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Elzabé B
Saam met vriende
4.8
Dit was 'n heerlike wegbreek. Die kamer was goed, met lugreëling waaroor ons bly was, want dit was baie warm in Februarie. Daar is 'n lekker swembad e...
Sien meer
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Ria Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 59

Op LekkeSlaap 15 jaar

Ligging

  • Main Winterhoek Road, PO BOX 318, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
  • Gaste dink Manley Wine Estate het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 420
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 420
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 420
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Main Winterhoek Road, PO BOX 318, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0e2620ba3353a48e0c45a324822b576af4e6280a2f17cef9ef5e1463e5e54b17e22c04f12fbeff2c47d5c76d0b2f6c0cfaa6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 420 per nag (plek vir 2) 59 5 1 5 Main Winterhoek Road PO BOX 318 6820 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -33.270896594056 19.145414829254
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang