Maple Grove Studio Cottage
-
Kapasiteit: 4 persone
2 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 3 Winding Lane, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Maple Grove Studio Cottage is 'n knus selfsorg-eenheid in Upper Hogsback, weggesteek agter 'n laning haselneutbome en kyk uit oor die tuin. Gaste kan ontspan in hierdie rustige omgewing wat slegs deur die klanke van die natuur gekenmerk word; 'n perfekte ligging vir gaste wat verblyf soek weg van die stadslewe.
Dié kothuis het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 'n oopplan-slaaparea en 'n en suite-badkamer. Die slaapkamerarea het 'n koninggrootte-bed en 2 kinderbeddens, en die badkamer het 'n bad en 'n stort. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Dié eenheid beskik oor 'n goed toegeruste kombuis met 'n stoof, oond, mikrogolf, ketel, eetgerei, breekware en 'n yskas-vrieskas. Die aangrensende leefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 4, en die sitkamer het gemaklike rusbanke en spog met 'n binnenshuise kaggel. Vir gastevermaak is 'n TV met sekere DStv-kanale en toegang tot gratis WiFi beskikbaar.
Buite kan gaste 'n patio met draagbare braaigeriewe en buitesitplek geniet. Gaste kan langs die paadjies kronkel of op 'n bankie onder 'n boom sit en die natuur in 'n bos-omgewing geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
2 x Kinderbed vir 1
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Lyndsay Geverifieer
Eiendomme 4
Resensies 101
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- 3 Winding Lane, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
- Gaste dink Maple Grove Studio Cottage het ’n baie goeie ligging
-
Kapasiteit: 4 persone
2 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 3 Winding Lane, Hogsback, 5721, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang