Successfully reported
+48

Marloth Kruger Whispering Ants

  • Kapasiteit: 10 persone
    6 volwassenes, 4 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1533 Finch Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R2 400 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Marloth Kruger Whispering Ants is 'n lieflike grasdak-vakansiehuis in die Marloth Park bewarea wat grens aan die Kurgerwildtuin. Dié twee word geskei deur die Krokodilrivier.

Die huis is ongekunsteld en smaakvol gemeubileer en bied volkome privaatheid en rustigheid aan gaste. Dit word omring deur die pragtige bosveld en volop diere en voëls.

Die huis het 3 en suite-slaapkamers, 'n ruim sitkamer, 'n oopplan-kombuis en TV-kamer. Die huis het ook 'n veranda aan die voorkant tesame met 'n swembad, ingeslote lapa en braaigeriewe. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg met 'n oond en stoof, mikrogolfoond, eetgerei en breekware.

Die huis is stapafstand van die Krokodilrivier af, waar gaste heerlik vanaf verskeie uitkykpunte oor die Krugerwildtuin kan tuur met 'n skemerkelkie in die hand. Of jy kan net al langs die rivier af stap en die oorvloedige voël- en dierelewe geniet. Jy mag dalk selfs een van die Groot 5 gewaar! Die Krokodilbrughek na die Kruger is ongeveer 14 km van Marloth Park af en gaste kan daguitstappies neem of 'n begeleide toer of staproete in die Krugerwildtuin meemaak. Gaste is ook welkom om op 'n begeleide toer of staproete in Marloth Park te gaan en meer te leer oor die geskiedenis van Marloth Park en die omliggende gebied.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 1 Leefarea 3 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort-oor-bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Leefarea

4

2 x Kinderbank vir 1

1 x Kinderbank vir 2

Dít is wat jy hier sal kry

Swembad
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Mariaan V
Gesin met klein kinders
5.0
Uitstekend! Was heerlik! Sal Whispering Ants 100% aanbeveel. Dit is definitief die moeite werd.
Aug 2025
Kempie R
Gesin met klein kinders
5.0
Baie lekker. Ek beveel dit vir enige iemand aan. Baie lekker gebly. Lekker ruim huis, met 'n lekker stoep en braai area. Ons het lekker gebly en gekui...
Sien meer
Mei 2025
Laverne H
Saam met vriende
5.0
Pragtige plek, baie diere! Heerlik gebly, mooi natuur en baie diere gesien!
Apr 2025
Cornelius C
Gesin met klein kinders
5.0
10 uit 10 net te kort om alles te doen. Was 'n ongelooflike naweek, baie rustig en baie wild gesien. Sal enige tyd weer gaan. Mense baie vriendelik en...
Sien meer
Sep 2024
Liaan B
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig en baie skoon. Baie skoon en netjies.
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Estelle Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 25

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 1533 Finch Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Marloth Kruger Whispering Ants het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 400
per nag (plek vir 10)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 400
per nag (plek vir 10)
Vanaf
R 2 400
per nag (plek vir 10)
Bespreek
  • Kapasiteit: 10 persone
    6 volwassenes, 4 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1533 Finch Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA41ad36c3c4fb899e4045bddf2f101ef907fc4ac935b38a8320a9c5e5a7ff38400cf6083dc8a758e94390d6967e43cc540495?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag (plek vir 10) 16 5 1 5 1533 Finch Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -25.349776967592 31.760834402447

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang