Successfully reported
+27

Marnicus B&B

  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 72 Goosens Street, Odendaalsrus, 9480, Vrystaat
  • Vanaf R1 120 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Marnicus B&B bied gaste gerief en gasvryheid in 'n stil buurt in Odendaalsrus.

Ons bied 'n keuse tussen 6 individueel gemeubileerde en suite-slaapkamers. Elke kamer het ook 'n privaat ingang. Die kamers is toegerus met óf 'n dubbelbed óf enkelbeddens met perkallinne en handdoeke word voorsien. Ons voorsien ook 'n komplimentêre koffie- en teeskinkbord met tee, koffie, melk en vrugte. Elke kamer het 'n kombuisie met 'n mikrogolfoond, yskas, ketel en basiese eetgerei. Daar is ook 'n werktafel en DStv beskikbaar. Rook is verbode in die kamers en vir jou gerief ontvang gaste ook 'n afstandbeheer vir die hek. Vir groter groepe kan kamers 2 en 3 gekombineer.

Gaste is welkom om van die swembad en die lapa met braaigeriewe gebruik te maak. 'n Engelse ontbyt kan in jou kamer, die eetarea of in die lapa bedien word. Anders maaltye is beskikbaar op versoek. Daar is skadu-parkeerplek na aan elke kamer agter 'n afstandbeheerde hek en elektriese heining.

Ons is na aan 'n verskeidenheid wegneem-eetplekke en ons is sowat 15 km vanaf Welkom, 4 km vanaf die Phakisa Renbaan en verskeie doendinge kan in die omgewing geniet word, onder andere gholf by die Ernst Oppenheimer Gholfbaan en wildritte by verskeie wildreservate in die area.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Abigail M
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly. Sal beslis weer kom. Aangename gasvrou en baie behulpsaam.
Aug 2025
Loretta R
5.0
Uitstekend. Baie lekker gebly, baie skoon, baie vriendelike ontvangs gehad. Sal beslis weer daar oorbly.
Apr 2025
Rachel G
5.0
Wonderlike verblyf. Besonderse vriendelike hantering en opvolging voor en na die besoek. Aandete was heerlik en smaakvol voorberei en aangebied.
Des 2024
Joanne V
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker. Ons seun is in 'n rolstoel en die gasvrou het uit haar pad gegaan om dit vir hom toeganklik te maak. Sy het selfs so ver gegaan om spesia...
Sien meer
Mei 2024
Natasja L
Gesin met klein kinders
5.0
Dit was baie gerieflik en sal dit ten sterkste aanbeveel. Dit was heerlik! Lekker gebraai en ontspan by 'n mooi, skoon swembad.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Marijke Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 72 Goosens Street, Odendaalsrus, 9480, Vrystaat
  • Gaste dink Marnicus B&B het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 120
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 120
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 120
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 72 Goosens Street, Odendaalsrus, 9480, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGRkMDA4NTA3LTg1N2EtNGIwMy05ZGNmLWVjY2U0NjdhZDg3Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 120 per nag, vir 2 mense 22 5 1 5 72 Goosens Street Odendaalsrus 9480 Vrystaat 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -27.878126683273 26.68663145966

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang