Mashudu Private Game Lodge
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 39 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Off the R33, Vaalwater, 0530, Limpopo
- Vanaf R1 350 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Mashudu Private Game Lodge is 45 km vanaf Nylstroom geleë en is perfek vir 'n naweek- of midweekwegbreek, 'n troue of 'n konferensie.
Die lodge bied gaste die keuse om een van die tente of kamers te bespreek. 'n Klein yskas, sowel as tee- en koffiemaakgeriewe, word voorsien. Vir gerief word badhanddoeke voorsien. Gaste wat die tente bespreek, moet hul eie bad- en swemhanddoeke saambring.
Elk van die kamers kan 2 persone akkommodeer en is ingerig met dubbel- of twee enkelbeddens. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Ongelukkig word troeteldiere nie geakkommodeer nie.
Die tente is omring deur bosveld en kan elk 2 volwassenes en 2 kinders onder 16 akkommodeer. Die tente is nie geskik vir 4 volwassenes nie. Elke tent is ingerig met 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens of 'n stapelbed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tente het 'n privaat boma en kombuis (geen mikrogolfoond nie). Die gemeenskaplike kombuis en boma kan gehuur word indien 'n groepbespreking gemaak word.
Mashudu Private Game Lodge het 'n kuriowinkel en 'n kroeg. Die lodge het 'n gemeenskaplike swembad en 'n speelarea vir kinders. Aktiwiteite in die lodge sluit in 4x4-wildritte, voëlkyk, stap- en fietsroetes, voetslaan en veldry-motorfietsry. Vir konferensies, troues of groot groepbesprekings kan die restaurant op aanvraag oopgemaak word.
Die pad na die lodge is 'n teerpad, maar die een wat na die tentkamp lei, is 'n rotsagtige pad. Gewone motors kan daarop ry, maar net baie stadig.
Aangesien die verblyf sonkrag gebruik, implementeer die eienaars soms hul eie "laaikrag" om die batterye te bespaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Yolandy Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 18
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Off the R33, Vaalwater, 0530, Limpopo
- Gaste dink Mashudu Private Game Lodge het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 39 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Off the R33, Vaalwater, 0530, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang