Me Gustas Tu
Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 19 Aug 2025 tot 12 Des 2025.
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 26 Wightman Street, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 150R805 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Me Gustas Tu bied selfsorgverblyf op die tweede verdieping, let wel toegang word verkry deur middel van trappe na die verdieping, van die eienaar se huis in die kusdorp, Langebaan. Dit spog met 'n sprankelende swembad, op dieselfde vlak as die wooneenhede, wat met medegaste gedeel word. Alle vertrekke het direkte toegang tot die stoep met 'n see-uitsig. Die eenheid is 800 m vanaf die hoofstrand.
Verblyf is beskikbaar in 'n eenslaapkamer-eenheid en 'n tweeslaapkamer-eenheid en elke eenheid is toegerus vir selfsorg. Al die slaapkamers het dubbelbeddens en bied direkte toegang tot die stoep wat weer na die swembad lei. Espaciosa se 2 slaapkamers het ook elk 'n en suite-badkamer, een met 'n stort en die ander met 'n bad. Comoda het 1 slaapkamer met suite-badkamer met 'n stort. Linne en handdoeke word voorsien.
Albei eenhede het 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien toegerus is. Daar is 'n eetarea en 'n sitarea met sitplek, 'n TV en die vol DStv-pakket. Gratis WiFi is in albei eenhede beskikbaar.
Die eenhede het elk hul eie toegang vanaf die gemeenskaplike stoep en daar is 'n gemeenskaplike tuin op die grondverdieping met twee braai's, een vir elke woonstel. Parkeerplek vir 3 voertuie is op die perseel beskikbaar.
Ten tye van beurtkragfases is beide eenhede toegerus met herlaaibare ligte, 'n enkelplaatgasstoof en 'n Superfly Mini DC UPS vir WiFi.
DÃt is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Neleen Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 123
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 26 Wightman Street, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Gaste dink Me Gustas Tu het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 26 Wightman Street, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang