Successfully reported
+33

MediStay

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 31 De Leeuw Street, Bethlehem, 9701, Vrystaat
  • Vanaf R750 per nag, vir 1 mens

Beskrywing

MediStay bied lieflike verblyf aan sake-, mediese- en ontspanningstoeriste net 30 m vanaf die Mediclinic Hoogland, Braun Dialise, Pathcare, algemene praktisyns en Ampath. Dihlabeng Hospitaal en die Mediese Sentrum is 900 m vanaf Medistay.

Die verblyf beskik oor 'n keuse van lugversorgde eenhede wat tussen 1 en 5 gaste kan akkommodeer. Die eenhede is almal ingerig met koningingrootte-beddens en en suite-badkamers met 'n stort, toilet en wasbak. Die gesinskamers is ingerig met 'n koningingrootte-bed en enkelbeddens. Die eenhede is ruim en het hul eie ingang.

Elkeen van die eenhede het 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Die eenhede is nie toegerus met stowe nie maar 'n braaipan kan op versoek gereël word. 'n TV met sekere DStv-kanale, asook WiFi-toegang, is in al die eenhede beskikbaar.

Veilige parkeerplek is beskikbaar vir gaste om te gebruik. Paniekknoppies is in elke eenheid beskikbaar, wat aan die sekuriteitsbeheerkamer gekoppel is en "Spot Bot"-kameras word snags geaktiveer vir ekstra gemoedsrus.

Skole, bekende restaurante, winkels en winkelsentrums is in 'n radius van 3km rondom Medistay geleë. Baie om te bied binne loopafstand.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 38 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Johannes L
5.0
Beste plek ooit. Beste plek om te bly. Stil, rustig en mense gaan uit hul pad uit om te help.
Aug 2025
Yolandie S
Saam met lewensmaat
5.0
Perfek. Baie lekker gebly! Gerieflik, skoon en baie vriendelike personeel en baie hulpvaardig! Reg oorkant Hoogland Medi Clinic!
Aug 2025
Jacqueline G
5.0
Baie lekker gebly. Ons was baie vriendelik verwelkom en verduidelik hoe alles werk. Die plekkie is baie mooi, skoon en netjies. Sal definitief die ple...
Sien meer
Aug 2025
Marius M
5.0
Perfek! Lekker, skoon, netjies, goed ingerig. Net mooi niks negatiefs nie. Was baie lekker en sal beslis weer gebruik maak van Medistay.
Aug 2025
Annchen M
5.0
Puik verblyf. Het heerlik warm geslaap. Die kamers en badkamers is altyd skoon en netjies. Hoogs aanbeveel vir enige iemand wat Bethlehem besoek.
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Minnele Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 38

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 31 De Leeuw Street, Bethlehem, 9701, Vrystaat
  • Gaste dink MediStay het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 750
per nag, vir 1 mens

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 750
per nag, vir 1 mens
Vanaf
R 750
per nag, vir 1 mens
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 31 De Leeuw Street, Bethlehem, 9701, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc31817483b55f75afb075696fdabd753795b9924d3f34226b30cf4b1ff3a48e48c169f351f8bbbf008e60a21a92132c121dc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag, vir 1 mens 38 5 1 5 31 De Leeuw Street Bethlehem 9701 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.229445650636 28.322234658861
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang