Menlyn Maine Residences Kyoto Studio
Kry 10% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 202 Amarand Avenue, Menlyn Maine Residences Unit 111, Menlyn, 0181, Gauteng
-
Vanaf
R1 650R1 485 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Menlyn Maine Residences Kyoto Studio is 'n luukse selfsorgwoonstel met 'n Kioto-tema in die veilige Menlyn Maine Residences-kompleks in die groen Menlyn Main-stadsgebied in Pretoria.
Die ateljeewoonstel met lugversorging het 'n oopplan-uitleg en bied slaapplek aan 2 gaste. Die slaaparea het 'n koninggrootte-bed wat met Egiptiese katoenlinne oorgetrek is en die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuisie is met 'n oond, kookplaat, yskas-vrieskas, wasmasjien-tuimeldroër, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die sitarea het 'n lessenaar, 'n leerrusbank en 'n platskerm-TV met Netflix, Showmax, Amazon Prime en sekere DStv-kanale. Gratis, onbeperkte WiFi is beskikbaar. Die woonstel front noord en spog met 'n sonnige stoep met stoepmeubels en 'n uitsig oor die boomtoppe.
Veilige kelderparkeerplek word voorsien, en die gebou bied 24 uur-sekuriteit en biometriese toegang.
Die Menlyn Maine Residences-gebou beskik oor 'n swembad op die dak, 'n tuinterras met 'n sonsondergangkroeg waar gaste drankies kan geniet, en 'n restaurant op die 16de verdieping waar hulle aan heerlike maaltye kan smul. Dit is net 300 m vanaf die Menlyn Maine-sentrum geleë, waar daar 'n gimnasium, verskeie winkels en restaurante, en die Sun Arena en Time Square Casino is.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Steve Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 19
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 202 Amarand Avenue, Menlyn Maine Residences Unit 111, Menlyn, 0181, Gauteng
- Gaste dink Menlyn Maine Residences Kyoto Studio het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 202 Amarand Avenue, Menlyn Maine Residences Unit 111, Menlyn, 0181, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang