Successfully reported
+23

Merino Cottage

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Appeldoorn Road, Tuin Farm, Philippolis, 9970, Vrystaat
  • Vanaf R3 400 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Merino Cottage is op 'n skaapplaas in die Philippolis-distrik en bied gehalteverblyf vir 'n gesin of vriendegroep. Die kothuis spog met 'n groot patio met 'n asemrowende uitsig oor die veld en die heuwels.

Die kothuis beskik oor 2 slaapkamers, 'n oopplan-kombuis, -sitarea en -eetarea, en 2 badkamers.

Die slaapkamers het elkeen 'n privaat ingang. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is gratis WiFi.

Die kombuis is met 'n yskas, tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, eetgerei en basiese selfsorggeriewe toegerus.

Die groot patio het 'n ingeboudebraai met gratis hout. Daar is ook 'n boma 'n paar meter van die kothuis af wat ideaal is vir skemerkelkies en sterrekyk. Gratis tee, koffie en beskuit word voorsien en die kothuis word daagliks skoongemaak. Daar is sonkrag sodat gaste nie deur beurtkrag geaffekteer word nie.

Gaste kan op die plaas gaan stap, kinders kan verken en speel, en bergfietsryers kan die plaas se pragtige roetes aandurf. Doendinge in die area sluit die Laurens van der Post-gedenktuin, Jobhuis Kunsgalerye, Otterskloof Natuurreservaat en Tiger Canyon in. Die kothuis bied maklike toegang tot die pad tussen Philippolis en Colesberg en is 'n baie gewilde oorslaapplek vir gaste wat tussen Johannesburg en Kaapstad reis.
Ontbyt en aandete is op versoek beskikbaar.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig
Lugversorging
Verwarmer
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 50 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Bronwyn M
Saam met lewensmaat
5.0
The kind of place that is difficult to leave. Highly recommended. Exceptional. A beautiful, well-appointed cottage in a peaceful settin...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Michelle C
Gesin met tieners
5.0
Merino Cottage is 'n juweel. Dit is 'n bestemming, nie net 'n oornagstop nie. Ons het heerlik gebly.
Jul 2025
Hennie V
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige kuier op 'n Suid-Vrystaatse Karoo plaas. Wat 'n lekker rustige kuier was dit nie. Die plek is baie mooi, skoon en netjies. Alles wat 'n mens w...
Sien meer
Jan 2025
Ninette S
Gesin met klein kinders
5.0
Top gehalte! Ons het heerlik en luuks gebly! Baie netjies en skoon! Die plek het alles wat jy nodig het!
Jan 2025
Alna V
Saam met lewensmaat
5.0
Perfek. Baie meer as wat ons verwag het! Baie dankie.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Nina Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 50

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Appeldoorn Road, Tuin Farm, Philippolis, 9970, Vrystaat
  • Gaste dink Merino Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 400
per nag, vir 4 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 400
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R 3 400
per nag, vir 4 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Appeldoorn Road, Tuin Farm, Philippolis, 9970, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAqxeTBuyOyJKOmVfZVk2ltqPzS1qEcihjoS0w5HK0YKadNeDrcJ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 400 per nag, vir 4 mense 50 5 1 5 Appeldoorn Road Tuin Farm 9970 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.295558669023 25.326919536487
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang