Successfully reported
+35

Middelplaas Paarl Guesthouse

  • Kapasiteit: 26 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malmesbury Road, R45, Paarl, 7620, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Middelplaas Paarl Guesthouse bied gerieflike, sakpas en gehalte-verblyf in die Paarl, 'n prentjiemooi dorp in die Kaapse wynlande. Paarl is bekend vir sy natuurskoon, uitstekende wynplase, koffiewinkels, fantastiese argitektuur en vrugte-groei erfenis.

Die gastehuis is op 'n rustige plaas binne maklike bereik van die middedorp en is die ideale bestemming vir sakereisigers, vakansiegangers, trougaste, skoolgroepe, spanbouers of sportgroepe. Vervoer kan gereël word vir gaste wat na Kaapstad se lughawe reis.

Daar is 34 kamers met elk 'n individuele tema. Elke kamer het ’n en suite-badkamer met ’n instapstort, toiletware en handdoeke. Daar is ’n selfsorgkombuisie met ’n induksie kookplaat, potte, panne, eetgerei, breekware, ’n mikrogolfoond en ’n yskas. Sommige van die kamers het ’n braai-area en die ander kamers maak gebruik van ’n gemeenskaplike braai-area. Al die kamers het ekstra lang koninggrootte-beddens of 2 ekstra lang enkelbeddens. Veilige parkeerplek en gratis WiFi is beskikbaar. Daar is TV's met OpenView. Verder is daar ook konferensiegeriewe op die perseel.

Die plaas is naby verskeie trou-venues, talle bekende wynplase waar gaste wyn- en kaasproe kan geniet. Ander besienswaardighede sluit Spice Route, Fairview, Under Oaks, Alpaca Loom, Nederburg, Ashanti, Kronenburg Nelson's Wine Estate, en die Afrikaanse Taalmonument in.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Wasgoeddiens
Ontbyt beskikbaar
Toeganklik vir kosaflewerings-apps
Vervoerdienste

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 129 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Marthé V
Saam met vriende
5.0
Baie lekker ligging en luim. Baie goeie en vriendelike diens.
Okt 2025
Angelique H
Gesin met tieners
5.0
Sekuriteit was ook baie goed. Mooi, gemaklik en privaat. Was baie lekker.
Sep 2025
Cp V
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, ontspanne, mooiste uitsig. Wat 'n fantastiese omgewing om in tuis te gaan. Vriendelike en behulpsame personeel. Sal vir seker aanbeveel.
Sep 2025
Leandra V
Gesin met tieners
5.0
Rustig. Het baie lekker gebly, so rustig in die natuur.
Aug 2025
Hannes D
5.0
Heerlik gebly. Sal beslis aanbeveel. Baie lekker gebly. Baie vriendelike gasvrou en verblyf was net waarvoor ek gesoek het.
Aug 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Anne-Marie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 129

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Malmesbury Road, R45, Paarl, 7620, Wes-Kaap
  • Gaste dink Middelplaas Paarl Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 26 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Malmesbury Road, R45, Paarl, 7620, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc29c95bf1d93742689e6f91e10b994d6c4b6a761d4e5fb0514d5f69dd967aa8d3f2653dba1076ca63deabe4d3bdd967cde3c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 129 5 1 5 Malmesbury Road R45 7620 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -33.688179909224 18.967795327289
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang