Successfully reported
+51

Misty Mountain Meadow

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 14 Lands End Road, Ballots Heights, Victoria Bay, 6560, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Misty Mountain Meadow is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis wat bo-op 'n heuwel met see-uitsigte in die klein kusdorpie Victoriabaai in die Tuinroete geleë is. Hierdie houthuisie-styl huis bied 'n warm atmosfeer en is die perfekte keuse vir vriende en familie wat op soek is na 'n rustige tuisbasis vanwaar hulle die omgewing kan verken.

Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek vir tot 6 gaste in 3 slaapkamers, almal met en suite-badkamers. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed met 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en het 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die ruim oopplan-leefarea is ingerig met gemaklike sitplek, 'n TV, 'n kaggel en het deure wat oopskuif na die dek. Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, eetgerei en breekware, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n ontbyttoonbank met stoele, etenstafel en 'n kisvrieskas. Die opwaskamer bevat 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Toegang tot Wi-Fi is beskikbaar.

Die groot houtdek het 'n braai, gemaklike meubels en ongerepte panoramiese uitsigte. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel. Dié eiendom is sowat 4,8 km van die strand in Victoriabaai af en 7 km buite George waar gaste geriewe soos winkels en restaurante kan geniet.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 3 Badkamers, 3 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
Stroomdienste
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Bridgette Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • 14 Lands End Road, Ballots Heights, Victoria Bay, 6560, Wes-Kaap
  • Gaste dink Misty Mountain Meadow het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 500
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 500
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 3 500
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 14 Lands End Road, Ballots Heights, Victoria Bay, 6560, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAadfd86bd86fb7100490f0b31b85ffd384be2620fb66f128e4ea3c7ebe327ac6b87d895ca5b99a68daa94d253d60e505b0323?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6) 1 5 1 5 14 Lands End Road Ballots Heights 6560 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.012164273399 22.536367955112
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang