Successfully reported
+75

Mitat Gastehuis

Gastehuis
Weeksdagaanbod 10% af

Kry 10% af op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 13 Okt 2025 tot 31 Okt 2025.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 48 Voortrekker Street, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R900 R810 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Mitat Gastehuis bied oornagverblyf aan 6 gaste op die eienaar se perseel in die hartjie van Beaufort-Wes.

Kamer 1 het slaapplek vir 1 tot 2 gaste en Eenheid 2 het slaapplek vir 1 tot 4 gaste. Elke eenheid het toegang tot hul eie privaat geriewe en 'n aparte ingang.

Kamer 1 het sy eie privaat ingang, en beskik oor 'n slaapkamer met 'n koninggrootte-bed. Dit bied slaapplek aan 2 gaste. Daar is lugversorging en genoeg kasspasie vir bagasie. Die badkamer het 'n stort, bad en wasbak, en daar is 'n aparte toilet.

Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Komplimentêre melk, suiker, tee en koffie word met aankoms voorsien. Ander geriewe in die kamer sluit 'n slim-TV met Netflix en gratis WiFi in.

'n Skuifdeur lei na 'n houtdek met 'n tafel en 2 stoele.

Eenheid 2 het slaapplek vir 1 tot 4 gaste, en word eksklusief verhuur. Dit het 'n aparte, privaat ingang. Die eenheid het 2 aparte slaapkamers wat elk 'n koningingrootte-bed het. Elke kamer het ook 'n kas, 'n slim-TV met Netflix en gratis WiFi. Die ruim badkamer het 'n stort, wasbak en aparte toilet.

Die kombuisie in die eenheid is met 'n ketel en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Komplimentêre melk, suiker, tee en koffie word met aankoms voorsien. Daar is ook 'n onderdakstoep waar opwasgeriewe, 'n yskassie en mikrogolfoond met 'n houtbankie met sitplek vir 6 beskikbaar is. Eetgerei en breekware word voorsien.

Gaste kan ook van die braaigeriewe gebruikmaak, en het toegang tot veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 139 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Kagiso M
5.0
Kind and helpful. Very kind owner, very helpful and understanding, stayed a couple of times, never disappointed once.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Sharon W
Saam met lewensmaat
5.0
Lovely guesthouse, welcoming and friendly host. Lovely guest house, clean, nicely furnished and Mart was very welcoming upon arrival. W...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Chrisna K
5.0
Baie lekker gebly. Oulike plek om te oornag. Netjies met 'n tikkie persoonlike detail, bv. blommetjies op die handdoeke, verwelkomingsbordjie met jou ...
Sien meer
Sep 2025
Annemarie D
Gesin met klein kinders
5.0
Gerieflik en rustig. Mart sorg vir die fynste detail. Die plek is baie netjies en gerieflik en beslis waarde vir geld. Mart is op perseel vir hulp.
Sep 2025
Tilla K
5.0
Uitstekende gasvryheid! Mart is 'n uitstekende gasvrou! Haar oog vir klein detail wat jou verblyf super spesiaal laat voel. Ons is gasvry ontvang, gew...
Sien meer
Sep 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Mart Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 139

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 48 Voortrekker Street, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mitat Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R900
R 900 R 810
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R900
R 900 R 810
per nag, vir 2 mense
Vanaf R900
R 900 R 810
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 48 Voortrekker Street, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAeb12019bc668eeabf264036a9304bd7c7ebca67e769b00ddffcb0766e7d8c143dcbf1d3de972c272a9db341ac60ddab43dbf?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R900 nouVanaf R810 per nag, vir 2 mense 139 5 1 5 48 Voortrekker Street Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-19:00 09:00 -32.352727387907 22.594653140367
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang