Montagu Ronda-View
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- 
            
            
                Kapasiteit: 6 persone
                                                        
                                            
 4 volwassenes, 2 kinders
- Geen kinders onder 4
- 
            
            
                Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
 Uitkloktyd: 11:00
- Adres: 2 Piet se Pad, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Vanaf R1 700 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
            Montagu Ronda-View bied selfsorgverblyf in die pragtige dorpie, Montagu. Kom ervaar verblyf in 'n grasdakrondawel met moderne afwerkings omring deur die Montagu-berge. 
Montagu Ronda-View het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 slaapkamers wat keurig ingerig is. Elke slaapkamer het 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. 'n Koningingrootte-slaapbank is ook beskikbaar.
Die rondawel het 'n oopplan-kombuis, -eetarea en sitarea. Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg. Gratis WiFi en platskerm-TV's is in die sitkamer en hoofslaapkamer beskikbaar. Daar is ook 'n DVD-speler. 
Op koue aande sorg die kaggel vir 'n knus atmosfeer en op snikhete dae kan gaste in die plonspoel of buitestort afkoel.
Veilige, onderdakparkeerplek vir 2 voertuie is op die perseel beskikbaar en daar is ook 'n alarmstelsel. 
Dié troeteldiervriendelike selfsorg-rondawel is op 'n privaat erf net 2 km vanaf die middedorp geleë, so dis lekker naby restaurante en die Saterdag-markie. Hier is ook tientalle staproetes wat sommer op jou drumpel begin.
        
Kamer-opset
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Rex Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 101
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 2 Piet se Pad, Montagu, 6720, Wes-Kaap
- Gaste dink Montagu Ronda-View het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- 
                                
                                    
                                
                                
                                                                            Kapasiteit: 6 persone
                                    
                                                                                                                                                                                                        
 4 volwassenes, 2 kinders
- Geen kinders onder 4
- 
                                
                                    
                                
                                
                                    Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
 Uitkloktyd: 11:00
- Adres: 2 Piet se Pad, Montagu, 6720, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang