Successfully reported

Mossel Bay Beach Cottage

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Esti P
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Apr 2025

Relaxing and peaceful. Fantastic location, house is lovely with everything you need. Two rooms have sea views with doors to the patio where you can fall asleep with the sound of the waves at night. Views are incredible.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jacqui
Mossel Bay Beach Cottage
Baie dankie Estie vir die positiewe terugvoer. So bly julle het 'n aangename tyd gehad. Waardeer jou tyd om die review te skryf. Jacqui

Engela H
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Des 2024

Heerlike oorslaapplek, maar die see is nie geskik vir swem nie. Heerlik oorgeslaap vir 2 nagte. Huisie is omring met natuurlike duine-plantegroei wat jou die gevoel gee dat jy afgesluit is van die buitewêreld. Baie goed toegerus en met pragtige uitsig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jacqui
Mossel Bay Beach Cottage
Hi Engela, baie dankie vir jou mooi beskrywing van die strandhuisie. Jammer dat julle nie kon swem nie. Met laag water is daar die pragtigste swempoele tussen die rotse en bietjie hoër op 'n natuurlike swembad. Dankie dat jy dit genoem het, want ek sal daardie besonderhede in die beskrywing duideliker maak.

Sarina M
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Okt 2024

Surprisingly secluded, the most beautiful sea view. Dit was rustig en so mooi.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jacqui
Mossel Bay Beach Cottage
Baie dankie vir jou positiewe "review".

Sonia W
Kort verblyf
4.8
Apr 2025

Perfekte ligging. Perfekte atmosfeer. Puik gasheer. Ons het so lekker gekruier. Ek, my man, sy ouers en my pa het dit so baie geniet. Daar was gesê ek moet die nommer definitief hou dat ons weer kan kom! Jacqui was baie behulpsaam en so vriendelik. Die huis is so goed opgestel, ons het alles gehad wat ons nodig gehad het en nog meer. Ons kom 100% weer, baie dankie.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jacqui
Mossel Bay Beach Cottage
Hallo Sonia, Baie dankie vir jou mooi review. Waardeer dit baie. Jacqui

Marietjie L
Kort verblyf
4.4
Mrt 2025

Onoortreflik! MBBC het ons stoutste verwagtinge oortref! Negatief: Ongelukkig was die DSTV nie beskikbaar tydens ons verblyf nie. Die braairooster is totaal onbruikbaar. Stortvloere en wasbakke (outlets) was nie skoongemaak nie. Talle glase en borde op rak en in kas is nie skoon gewas nie. Positief: Die decor, atmosfeer, fasiliteite en tuin van hierdie lieflike vakansiehuis is onverbeterlik.

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Jacqui
Mossel Bay Beach Cottage
Hallo Marietjie, Dit skok my tot in my wese dat jy die storte en wasbakke nie skoon gevind het nie, asook borde en glase. Ek het vir die skoonmakers wat die vorige dag daar was 'n hele lys van wat gedoen moet word. Ek is baie gesteld op die skoonheid van die huis en het nog nooit so 'n review gekry nie. Die DSTV moes jy my net laat weet het, jy het my nommer gehad. Ek skakel dit aan en af soos die gaste kom. Ek het vir myself 'n nota gemaak om dit aan te skakel en sal kyk op my rekening. As dit nie so was nie, vra ek baie groot om verskoning. Baie dankie vir die positiewe kant van die review. Die braairooster het ons nog in Januarie gebruik. Sal definitief daarna kyk. Dankie vir die eerlike opinie, net jammer dat jy my nie persoonlik laat weet het nie. Jacqui

Surika K
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Sep 2024

Lekker Dit was heerlik en gemaklik. Julle is tops.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jacqui
Mossel Bay Beach Cottage
Baie dankie vir jou positiewe review

Andre R
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Apr 2021

Absoluut awesome. Als was perfek. Uitsig fantasties. Huis goed toegrus. Als was net perfek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Melanie H
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.4
Apr 2021

Warm, rustieke, elegante sjarme. Alhoewel die huis oud is, is dit juis deel van sy sjarme. Die huis is stylvol en elegant gemeubileerd en die kamers is ruim. Die badkamers is oorgedoen en die storte is fantasties! Ons het die ruim stoep en braai gereeld gebruik en geniet!

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Jacqui
Mossel Bay Beach Cottage
Baie dankie, Melanie vir jou resensie. Jacqui.

Desre T
Lang verblyf Gesin met tieners
5.0
Mrt 2019

Die beste uitsig! Met so uitsig sal 'n skottelgoedwasser verseker dat gesin meer op patio kan sit en dit waadeer!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jacqui
Mossel Bay Beach Cottage
Dankie Desre, dit is voorwaar mooi.

Hendrik Jacobus V
Kort verblyf Besigheidsreis
5.0
Okt 2018

Droomplek om by te wees. Heerlik rustig, laat jou sommer vergeet jy is daar vir werk. Bestuur gaan uit hulle pad om te help, sien my definitief weer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Jacqui
Mossel Bay Beach Cottage
Baie dankie Hennie, ek waardeer dit opreg. Ek hoop dat julle en jul vriende weer 'n tydjie sal uitvat om te ontspan. Sê maar vir jou vriende ook asseblief. Ek sal graag dit bietjie meer wil uithuur gedurende die jaar. Groete, Jacqui

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Jacqui Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 62

Op LekkeSlaap 1 jaar

Vanaf
R 2 900
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 900
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 2 900
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 59 Kus Road, Rheebok, 6506, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7bd27840a60e4c03caaeccd83f39ece317406ba45465806cda694069e1ed05e864b08ddb53c55953089ca47d239a4818fdc5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 900 per nag (plek vir 6) 11 5 1 5 59 Kus Road Rheebok 6506 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.0802055 22.1662848

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang