Successfully reported
+19

Mossel Bay Beach Cottage

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 59 Kus Road, Rheebok, 6506, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 900 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Mossel Bay Beach Cottage is 'n selfsorgkothuis wat 'n sorgvrye vakansie met 'n rustige omgewing net 'n hanetreetjie vanaf die strand in Rheebok verseker. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n wegbreek op die Tuinroete aangesien die kothuis met 'n panoramiese see-uitsig met die Mosselbaai-ligte saans in die agtergrond spog.

Hierdie kothuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Gaste in hierdie 2 kamers deel die tweede badkamer met 'n stort.

Die leefarea het 'n kombuis wat met 'n gasstoof en oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Daar is ook 'n wasmasjien en skottelgoedwasser. Dit lei na die etenstafel met oorgenoeg sitplek. Die sitarea het 'n slim-TV met DStv, en WiFi is beskikbaar. Die leefarea lei na 'n lieflike houtdek met buitemeubels, 'n ingeboude braai en 'n uitsig oor die Indiese Oseaan.

Veilige parkeerplek is vir 3 voertuie op die perseel beskikbaar.

Dié kothuis is ongeveer 25 minute se ry vanaf George, 10 minute se ry vanaf Groot-Brakrivier en Hartenbos, en 15 minute se ry vanaf Mosselbaai. Aktiwiteite in die omgewing sluit wynproe, voetslaan, visvang, wildritte, helikopterritte, valskermsweef, walviskyk tussen Junie en Oktober, en die langste Zipline oor die see ter wêreld.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 11 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Esti P
Gesin met tieners
5.0
Relaxing and peaceful. Fantastic location, house is lovely with everything you need. Two rooms have sea views with doors to the patio w...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025
Engela H
Gesin met tieners
5.0
Heerlike oorslaapplek, maar die see is nie geskik vir swem nie. Heerlik oorgeslaap vir 2 nagte. Huisie is omring met natuurlike duine-plantegroei wat ...
Sien meer
Des 2024
Sarina M
Gesin met tieners
5.0
Surprisingly secluded, the most beautiful sea view. Dit was rustig en so mooi.
Okt 2024
Surika K
Gesin met klein kinders
5.0
Lekker Dit was heerlik en gemaklik. Julle is tops.
Sep 2024
Sonia W
4.8
Perfekte ligging. Perfekte atmosfeer. Puik gasheer. Ons het so lekker gekruier. Ek, my man, sy ouers en my pa het dit so baie geniet. Daar was gesê ek...
Sien meer
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Jacqui Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 62

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • 59 Kus Road, Rheebok, 6506, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mossel Bay Beach Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 900
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 900
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 2 900
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders onder 6
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 59 Kus Road, Rheebok, 6506, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7bd27840a60e4c03caaeccd83f39ece317406ba45465806cda694069e1ed05e864b08ddb53c55953089ca47d239a4818fdc5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 900 per nag (plek vir 6) 11 5 1 5 59 Kus Road Rheebok 6506 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.0802055 22.1662848

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang