Mount Castleton 66D
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1 Piesang Valley Road, Unit 66D, Castleton, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
- Vanaf R2 400 per nag (plek vir 6)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Mount Castleton 66D is ’n ruim selfsorg-duplekswoonstel in ’n veilige landgoed in Plettenbergbaai. Hierdie landgoed bied verskeie geriewe en is 3 km vanaf die strand en ander besienswaardighede in hierdie deel van die Tuinroete.
Hierdie moderne en ruim dubbelverdiepwoonstel bied verblyf aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers en 2 balkonne. Al die slaapkamers is op die eerste verdieping. Twee van die slaapkamers het elk ’n koningingrootte-bed en lei na ’n balkon. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer het ’n TV, 'n en suite-badkamer met ’n stort en die tweede en derde slaapkamers deel die gebruik van die derde badkamer wat ’n bad, wasbak, toilet en 'n wasmasjien-tuimeldroër het.
Die kombuis, eetarea, sitarea en derde badkamer met ’n stort is op die tweede verdieping. Die goed toegeruste kombuis het ’n mikrogolfoond, skottelgoedwasser, yskas-vrieskas en 'n gasstoof met 'n elektriese oond. Die oopplan-leefarea het ’n TV met Netflix en YouTube. Gratis WiFi is beskikbaar om media te stroom, selfs tydens beurtkrag. Die eetarea lei na ’n balkon met 'n braai en 'n uitsig oor die see en op die berg.
Die woonstel het ’n strykyster en strykplank, ’n haardroër, verwarmer, en kluis.
Die landgoed is op 'n berg en het 2 buite-swembaddens (hoofswembad en kinderswembad), ’n tennisbaan, ’n speelarea vir kinders, trampoliens, ’n speletjieskamer met 'n TV, tafeltennis, ’n sokkertafel en 'n pooltafel en daar is ’n putt-puttbaan en ’n gemeenskaplike wasgoeddiens wat met munte werk. Daar is 24 uur-sekuriteit, wat ’n sekuriteitshek en elektriese omheining insluit.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Lelia Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 7
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 1 Piesang Valley Road, Unit 66D, Castleton, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink Mount Castleton 66D het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 1 Piesang Valley Road, Unit 66D, Castleton, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang