Successfully reported
+23

Mount Castleton Unit 66A

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
    2 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Piesang Valley Road, Unit 66A Castleton Estate, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4)
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Mount Castleton Unit 66A is 'n selfsorgwoonstel op 'n veilige landgoed in Plettenbergbaai. Die landgoed bied 'n verskeidenheid aktiwiteite en is 3 km vanaf die strand en ander aantreklikhede op hierdie deel van die Tuinroete.

Die moderne en ruim woonstel op die grondverdieping bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 'n slaapkamer, 'n badkamer, 'n leefarea en eetarea, asook 'n patio. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n aparte stort en 'n bad, 'n wasbak en 'n toilet. Die kombuis is met 'n mikrogolfoond, skottelgoedwasser, yskas-vrieskas, 'n gasstoof en elektriese oond, wasmasjien en 'n tuimeldroër toegerus.

Die oopplan-leefarea het 'n dubbelslaapbank vir 'n derde en vierde gas, 'n TV met Netflix, Showmax en YouTube, en gratis WiFi. Die WiFi is ook tydens beurtkrag beskikbaar. Die leefarea en eetarea lei na 'n stoep met Weber-braaigeriewe en 'n lieflike uitsig oor die tuin.

Die woonstel het 'n strykyster, strykplank, 'n haardroër, verwarmer en 'n kluis vir waardevolle items.

Die landgoed is op 'n berg en spog met 2 swembaddens , wat 'n hoofswembad en kinderswembad insluit, 'n tennisbaan, speelarea vir kinders, trampolien, 'n speletjieskamer met 'n TV, tafeltennis en tafelsokker, pool-tafel, 'n put-put-baan, gemeenskaplike wasgoedgeriewe wat met munte werk, 24 uur-sekuriteit by die hek en 'n elektriese heining.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Stroomdienste
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Lelia Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 7

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 1 Piesang Valley Road, Unit 66A Castleton Estate, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mount Castleton Unit 66A het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 400
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 1 400
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
    2 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 1 Piesang Valley Road, Unit 66A Castleton Estate, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA464c022376d5ee63d42c15d4aebd183c61cd4d594b9b9c1affbee64cb5fdf244ac05d04cab49e38585c0835beb00f79ab530?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4) 4 5 1 5 1 Piesang Valley Road Unit 66A Castleton Estate 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -34.054263121345 23.358025722051

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang