Successfully reported
+12

Mountain Glimpse

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 19 Labrusca Street, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Mountain Glimpse is aan die voet van Paarlberg en bied gerieflike selfsorgverblyf aan 2 gaste. Dit is ideaal vir sakereisigers of paartjies.

Die woonstel beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, ’n kombuis, eetarea en leefarea. Die slaapkamer het lugversorging, ’n koningingrootte-bed en ’n en suite-badkamer met ’n stort en toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met ’n tweeplaatstofie, 'n oond, mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Etes kan by die etenstafel geniet word. Koffie, melk, suiker en beskuit word voorsien.

Gaste kan in die leefarea ontspan, waar daar ’n TV met Netflix en Showmax is. WiFi is beskikbaar. Daar is ook ’n lessenaar vir reisigers wat moet werk.

Die woonstel bied ook basiese beurtkragvriendelikegeriewe wat 'n gasstoof, ketel, herlaaibare ligte en WiFi met 'n ononderbroke kragtoevoerstelsel insluit. 'n Klein en sagte kragopwekker is ook op die perseel wat krag verskaf aan 'n lamp en TV tydens spitstye.

Die woonstel lei na ’n privaat stoep met braaigeriewe en bied ’n uitsig oor die tuin. Onderdakparkeerplek word voorsien.

Mountain Glimpse is 500 m vanaf ’n plaaslike restaurant en verskeie winkels. Die Paarl bied gaste ’n verskeidenheid restaurante, wynlandgoedere en plase. Daar is verskeie doendinge soos voetslaanpaadjies en warmlugballonvlugte. Gaste kan ook polo kyk of speel by Val de Vie of die Taalmonument besoek.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 31 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Marina F
Saam met lewensmaat
5.0
Vriendelike ontvangs, skoon en netjiese plek. Ons het heerlik gebly. Het alles gehad wat nodig was. Baie rustige omgewing.
Aug 2025
Francois H
Saam met lewensmaat
5.0
Netjiese, privaat, lekker verblyf en baie bedagsame gasheer. Baie lekker gebly. Sal weer daar bly indien nodig.
Jul 2025
Janica L
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, veilig en baie skoon en netjies. Ek en my vriend het 'n wonderlike tyd gehad, kon nie anders om nog 'n dag aan te bly nie, so lief geraak vir ...
Sien meer
Jun 2025
Johan L
Saam met lewensmaat
5.0
Goeie netjies waarde vir geld. Ons het baie lekker gebly. Alles netjies en skoon, alles wat ons nodig gehad het is beskikbaar. Goeie stil en goeie omg...
Sien meer
Jun 2025
Karien S
5.0
Netjies, skoon en presies soos foto's. Ons het baie lekker gebly, alles was netjies, skoon en gerieflik. Dit was presies soos die foto's. Ek het saam ...
Sien meer
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Juanri Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 31

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 19 Labrusca Street, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mountain Glimpse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 800
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 800
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 2 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 19 Labrusca Street, Paarl, 7646, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA17f56d7aa40866ec0cb46b2623f4c9a84975ed37a0d9bccbb94aa14b9e5d0251b97f740bf288fec7bf215229d3d20771b2ff?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 2) 31 5 1 5 19 Labrusca Street Paarl 7646 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -33.710198676776 18.958475931283
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang