Mountain Lights
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 48 Mariners Place, 20 La Casa Apartments, Gordon’s Bay, 714, Wes-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Mountain Lights bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n veilige kompleks in Gordonsbaai. Die eiendom spog met lieflike uitsigte oor die berge en is ideaal vir 'n gesin of vriende wat op soek is na 'n ontspanne kustoevlugsoord.
Dié tweeslaapkamerwoonstel is op die derde verdieping geleë en bied slaapplek aan 4 gaste op 'n slag. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 'n stapelbed. Die kamers deel 'n badkamer met 'n instapstort.
Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, broodrooster en ketel. 'n Ontbyttoonbank met kroegstoele is ook beskikbaar. Die leefarea beskik oor 'n gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Die woonstel maak oop op 'n privaat balkon met ingeboude braaigeriewe wat uitkyk oor die gemeenskaplike swembad in die kompleks. Gaste het afstandbeheerde toegang tot die eiendom met veilige parkeerplek vir 1 voertuig.
Die kompleks is gerieflik naby winkels en pragtige strande geleë. Boonop het gaste ook die geleentheid om nabygeleë wynplase en restaurante te verken.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.4/5
Kezelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 16
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 48 Mariners Place, 20 La Casa Apartments, Gordon’s Bay, 714, Wes-Kaap
- Gaste dink Mountain Lights het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 48 Mariners Place, 20 La Casa Apartments, Gordon’s Bay, 714, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang