Successfully reported
+37

Mudlark Rivier Front Lodge

  • Kapasiteit: 19 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Breede River Mouth, Infanta, 6666, Wes-Kaap
  • Vanaf R3 200 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Kom en ervaar die ongeëwenaarde belewenis, omring deur 'n rivier, berge en fynbos. Die Mudlark River Front Lodge is 'n plek van natuurskoon, rustigheid en gemak. Geniet 'n verkwikking vir jou siel in hierdie stil wegbreekplek. Ons is slegs 3 uur se ry van Kaapstad af.

Die lodge is op 'n eiendom van 22 hektaar wat deel uitmaak van die Laer Breederivier-bewarea geleë en lê op die rivieroewer, sowat 2 km van die klein kusdorpie, Infanta.

Ons unieke ligging bied pragtige uitsigte oor die breë riviermond, met geen ander ontwikkelings in sig nie. Die lodge front noord en word beskerm teen die heersende seewind. Ons bied 5 individuele slaapkamers elkeen met unieke dekor, 'n en suite-badkamer en privaat dek wat uitkyk oor die rivier.

Ons uitstekende spyskaart is bekend vir sy vars produkte uit die see, rivier en omliggende plase.

Hierdie is een van die beste gebiede in Suid-Afrika om na walvisse te kyk en staan ook bekend as die "walviskleuterskool van Suid-Afrika" (130 walvisse gedurende die sensus van 2009).

Die Breederivier is 'n gewilde visvangplek vir kabeljou, knorhaan en leervis. Ons grens ook aan die De Hoop Mariene-reservaat, 'n wêrelderfenisgebied.

'n Verstommende hoeveelheid voëlsoorte (204 is gelys) kom naby die lodge, rivieroewer en langs die kus voor. Hierdie gebied is ook deel van die Kaapse fynboskoninkryk met sy honderde soorte fynbos en renosterveld.

Ons beskik oor roeibote en kano's. Maklike staproetes, voëlkyk, begeleide visvang- en bootritte op die rivier sorg vir groot vermaak. Die rivier word ook gebruik vir windseil.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Alle maaltye beskikbaar
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 24 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Jennifer B
5.0
I'll be back! Warm welcome from the hostess and her dogs, comfortable room with outside sitting area, excellent dinner. I didn't stay f...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Caitlin G
Saam met vriende
5.0
Great hosts, great food, great views. Mudlark River Front Lodge was fabulous! It is incredibly peaceful, surrounded by beautiful views ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025
Yolandi B
Saam met vriende
5.0
Tranquility peace on earth. Warm gesellige ontvangs. Mooi skoon netjiese kamers so tussen die bome. Buite kuier area mooi uitsig oor rivier. Ongeloofl...
Sien meer
Mrt 2025
Leida S
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike ervaring! Dit was uitsonderlik.
Jan 2025
Karin D
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker wegbreek. Pragtige natuurskoon. Lekker gebly. Pragtige natuur en uitsig op die rivier.
Feb 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Hilary Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 24

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Breede River Mouth, Infanta, 6666, Wes-Kaap
  • Gaste dink Mudlark Rivier Front Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 200
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 3 200
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Breede River Mouth, Infanta, 6666, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAbc75880517ad23fa96cb28ae45806c9e2adad8fb3e03300a1b8a11551590b20073a7741b9fe664b82881941cb2b4217746c0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 200 per nag, vir 2 mense 24 5 1 5 Breede River Mouth Infanta 6666 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -34.407617795636 20.807161331177
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang