Successfully reported
+12

‘n Nelselekkeplek

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 84 Grasveld Avenue, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 500 per nag (plek vir 12)

Beskrywing

’n Nelselekkeplek is 'n lieflike gesinsvriendelike selfsorgvakansiehuis wat in die lewendige en gewilde area van Hartenbos geleë is. Dit kan 'n ideale opsie wees vir 'n wegbreek saam met familie en vriende op die Tuinroete aangesien dit naby die hoofstrand sowel as Hartenbos Waterfront geleë is.

Dié eiendom bied slaapplek vir altesaam 12 gaste op 'n slag en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 3 stapelbeddens. 'n Stort, wasbak en toilet is in die tweede badkamer beskikbaar. Alle linne word voorsien; gaste moet egter hul eie handdoeke saambring.

Die knus oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, lugbraaier, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware asook 'n sentrale ontbyt-eiland met stoele. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV wat met chromecast funksioneer. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Hierdie leefarea maak oop op 'n onderdakstoep met 'n buite-etenstafel wat die perfekte plek is vir 'n skemerkelkie terwyl gehaltetyd saam met mekaar geniet word. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.

Kamer-opset

4 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

6

3 x Stapelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Marosane H
5.0
Eenvoudig, rustig en goeie ligging! Mal oor die eenvoudige uitleg van die huis. Dit is loopafstand van die see en is die perfekte plek vir familie en ...
Sien meer
Apr 2025
Marina S
Saam met vriende
5.0
Uitmuntend. Ons het baie lekker gebly, Marle was 'n ware gasvrou.
Mrt 2025
Karl D
Gesin met klein kinders
5.0
Perfect breakaway! As always, the arrangements from the website were excellent. The accommodation is perfect for a family with kids (on...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Feb 2025
Deveraux J
4.8
Baie lekker. Veral die kleinkinders het dit baie geniet. Ons het met ons kinders en kleinkinders gereis. Die verblyf was aangenaam. Die komberse was b...
Sien meer
Jun 2025
Johan D
Gesin met klein kinders
4.2
Lekker, sakpas verblyf. Baie lekker gekuier hier.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Marlé Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 84 Grasveld Avenue, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink ‘n Nelselekkeplek het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 500
per nag (plek vir 12)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 500
per nag (plek vir 12)
Vanaf
R 2 500
per nag (plek vir 12)
Bespreek
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 84 Grasveld Avenue, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA482c1da26475aee4f1e0d075ee2d2b30276d35e56e65a77482b8d4e4e5b14bc41dbdfd52bd42432843c82842abe5f80a8ea2?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 500 per nag (plek vir 12) 10 5 1 5 84 Grasveld Avenue Hartenbos 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.1238652 22.1171847

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang