Successfully reported
+16

Nag Apie

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 41 Howitzer Avenue, Ifafi, Hartbeespoort, 0260, Noordwes
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Nag Apie is 'n knus selfsorg-eenheid vir 2 mense en is in Ifafi, Hartbeespoort geleë.

Die eenheid is op die eerste verdieping geleë en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n sitkamer. Die slaapkamer met lugversorging is ingerig met 'n dubbelbed en het 'n privaat badkamer met 'n bad, 'n stort en 'n toilet.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n stoof, 'n oond, en 'n mediumgrootte yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Gaste kan ontspan in die sitkamer wat toegerus is met 'n TV met Netflix, en WiFi is beskikbaar. Gaste het ook toegang tot braaigeriewe.

Skaduparkeerplek vir 1 voertuig word agter 'n afstandbeheerde hek voorsien.

Hartbeespoort bied 'n wye verskeidenheid doendinge soos riviervlotvaarte en bootvaarte, abseil, perdryroetes, lugballonvaarte, 4x4-, bergfiets- en vierwielmotorfietsroetes, asook voetslaan- en staproetes. Gaste kan ook die Borakalalo-reservaat, Hartbeespoortdam-akwarium en die Harties-kabelbaan besoek.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 50 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Cornelius W D
Saam met lewensmaat
5.0
Het heerlik gebly. Trappe kan 'n probleem wees vir ouer mense en kinders. Plek was skoon, netjies en veilig en baie sentraal.
Jun 2025
Liezel L
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige, netjiese verblyf en sentraal geleë naby besienswaardighede. Nag Apie is netjies en het alles wat 'n mens nodig het. Veilige parkering agter '...
Sien meer
Apr 2025
Johan K
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker. Baie lekker gebly en die mense is baie vriendelik gewees! Sal enige tyd weer daar gaan bly.
Mrt 2025
Kgotso M
5.0
Clean, convenient and relaxing. My stay was great, the unit was beautiful, spacious and clean and includes any appliance you might need...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025
Jana V
Saam met vriende
5.0
Skoon, netjies en waarde vir geld. Die plekkie was baie skoon en netjies. Hulle was baie tegemoetkomend met ons versoek t.o.v. ons fietse. Dit was all...
Sien meer
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Stephan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 50

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 41 Howitzer Avenue, Ifafi, Hartbeespoort, 0260, Noordwes
  • Gaste dink Nag Apie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 850
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 850
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 41 Howitzer Avenue, Ifafi, Hartbeespoort, 0260, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA44f72cea73e74dc3a332bcadfac6104a1d4ffbd239f82eefee9b1b171836070351b21b181c770f06be84f739239fd70525a7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 50 5 1 5 41 Howitzer Avenue Ifafi 0260 Noordwes 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -25.744235840221 27.897678220902

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang