Successfully reported
+44

Nanna Rous' Town House

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 9 D'Urban Row, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
  • Vanaf R900 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Nanna Rous' Town House is in 1860 gebou en die kerkie en pastorie wat in verblyf omskep is, dateer uit 1830. Dit is in ’n stil straat in Colesberg geleë naby ’n paar geskiedkundige plekke uit die Boereoorlog.

Gerieflike, bekostigbare verblyf en veilige parkeerplek op die perseel word gebied. Die huis het ’n ouwêreldse kothuistuin met 'n rustige en vreedsame atmosfeer.

Die eenheid se ligging maak dit 'n ideale oornagplek vir reisigers na en van die Kaap af. Daar is ’n nuwe sit-area met ’n oop kaggel en ’n kombuis met ’n yskas, stoof en mikrogolf. 'n Kontinentale of Engelse ontbyt word soggens van 07:00 af bedien. Daar is 6 gastekamers, 3 gesinskamers, 2 dubbelkamers en 1 kamer met 2 enkelbeddens. Al die kamers is stylvol versier en ten volle toegerus met en suite-storte, koffie- en teemaakgeriewe, plafonwaaiers, elektriese komberse en DStv.

'n Besoek aan die Colesberg-museum kan gereël word indien dit vooraf versoek word. Begeleide staptoere deur die dorp en besoeke aan Boereoorlogplekke kan ook gereël word. Al die restaurante in die dorp is stapafstand van Nanna Rous' af. Daar is 3 restaurante en kroeë. Een van die plekke wat jy nie mag misloop nie, is die Bordeaux-restaurant in die hoofstraat van Colesberg, wat bestaan uit 'n koffiewinkel en gelisensieerde restaurant. By hierdie restaurant kan jy heerlik smul aan Karoo-geregte in 'n rustige tuin-atmosfeer.

Kenneth en Madi se gasvryheid is sonder gelyke en hulle sien daarna uit om jou by hul gastehuis te verwelkom.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 334 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Arrie C
Saam met lewensmaat
5.0
Die rustigheid, netheid en vriendelikheid was absoluut 'n bonus. Dit was heerlik. Rustige atmosfeer. En totale gasvryheid.
Sep 2025
Pieter D
Saam met lewensmaat
5.0
Baie aangenaam en mooi. Genoeg parkering en lekker ontbyt. Heerlike plek om oor te bly.
Jul 2025
Clint Joseph B
Gesin met klein kinders
5.0
Baie baie geniet. Dit was baie lekker om in die Karoo weer te wees.
Jul 2025
Jeanne G
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlik snoesig. Welkom elektriese kombers. Ontbyt was heerlik. Restaurant was stapafstand vir aandete. Sal beslis weer daar oorslaap.
Jun 2025
Rudolph O
Saam met lewensmaat
5.0
Alles was perfek reg en op plek en op tyd gewees, netjies en voldoende. Ons was baie vriendelik ontvang en het baie lekker gebly.
Jun 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

madi Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 334

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 9 D'Urban Row, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
  • Gaste dink Nanna Rous' Town House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 900
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 900
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 900
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 19 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 9 D'Urban Row, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI1NDcwN2FkLTQ4NDUtNDgyZC04NWNkLTBmZDU5YjMwN2M0Ng?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R900 per nag (plek vir 2) 334 5 1 5 9 D'Urban Row Colesberg 9795 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -30.719276506292 25.096523159386
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang