Successfully reported
+20

Nature on your Doorstep

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 21 Hoekwil Road, Hoekwil, Wilderness, 6538, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 500 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Nature on your Doorstep is 'n gerieflik gemeubileerde selfsorgwoonstel vir 4 mense in Hoekwil, Wildernis, en het 'n lieflike uitsig oor die vallei en gedeeltelike see-uitsig.

Die woonstel is op 'n eiendom van 3 hektaar geleë, langs die hoofhuis, maar het 'n privaat ingang, privaat tuin en braai-area. Die veelverdiepingwoonstel beskik oor 2 slaapkamers met lieflike uitsigte, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n sitkamer.

Die eerste verdieping bestaan uit 'n slaapkamer wat met 2 enkelbeddens ingerig is, asook die sitkamer. Die sitkamer is toegerus met 'n TV met sekere DStv-kanale.

Die hoofslaapkamer, badkamer, kombuis en eetarea is op die grondvloer geleë. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die badkamer het 'n bad en toilet. 'n Buitelug-warmwaterstort is ook beskikbaar om die strandsand af te spoel. Gerieflikheidshalwe word linne en badhanddoeke voorsien, en gaste moet asseblief hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe, en etes kan by die etenstafel geniet word.

Gaste kan in die privaat tuin ontspan en ons van die beskikbare braaigeriewe maak. Onderdakparkeerplek word ook voorsien.

Nature on your Doorstep is stapafstand vanaf plaaslike restaurante en 'n kwekery, en 10 km vanaf Wildernis met verskeie winkels en restaurante en bied visvang, swem, en meer. Hoekwil bied verskeie stap-, voetslaan-, roetedraf- en fietsryroetes, en gaste kan die Big Tree op die Woodville-staproete besoek.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Stort

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Duncan G
Gesin met tieners
5.0
Beautiful view, spacious, comfortable. We loved our stay at Ezbé's place. It is within easy walking distance of the shops and restauran...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2025
Sunnette K
5.0
Uit die boeke! Die blyplekkie was baie gerieflik, ruim en silwer skoon. Die omgewing is pragtig en rustig. Ek en my volwasse kinders het heerlik gebly...
Sien meer
Mrt 2025
Ryno R
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was wonderlik, so so rustig en baie om te doen. It was absolutely wonderful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025
Rachel J
5.0
Heavenly view, hidden gem. Ezbe was very helpful, responsive and checked in regularly. Heavenly view and location off the beaten track....
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Susan C
Saam met lewensmaat
5.0
Dit was ‘n heerlike vakansie, en ons sal beslis weer hier kom bly. Ons het baie lekker gebly! Die huis is ruim, netjies en skoon. Dit is goed toegerus...
Sien meer
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Ezbè Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 21 Hoekwil Road, Hoekwil, Wilderness, 6538, Wes-Kaap
  • Gaste dink Nature on your Doorstep het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 500
per nag, vir 4 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 500
per nag, vir 4 mense
Vanaf
R 1 500
per nag, vir 4 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 21 Hoekwil Road, Hoekwil, Wilderness, 6538, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5238f414a3e2c68c888f52899ea76e3194e89856449b25e4b2f864f79b7305680ce7fa19baec17f06d534bb42746622edaf9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 500 per nag, vir 4 mense 12 5 1 5 21 Hoekwil Road Hoekwil 6538 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.971480534956 22.6145123161
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang