Successfully reported
+60

Neapolitan and The Lavera Guest Houses

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 40 Glen drive, Verwoerdpark, Alberton, 1449, Gauteng
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Neapolitan and The Lavera Guest Houses is elegante en bekoorlike selfsorgwoonstelle in 'n stil area van Verwoerdpark. Hierdie verblyf is net 20 minute vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe en bied maklike toegang aan reisigers.

Die stylvolle binnehuisversiering skep 'n aangename en verwelkomende atmosfeer. Dié eenslaapkamerwoonstel het lugversorging en bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed. Dit het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Dit lei na die sitarea met 'n sagte rusbank en 'n TV met toegang tot sekere DStv-kanale, Netflix en Showmax. Gaste het toegang tot gratis WiFi.

Dié eenslaapkamerwoonstel spog met 'n uitsig oor die welige tuin met buitemeubels en 'n ingeboude braai. Gaste kan die swembad geniet en veilige parkeerplek is op die perseel agter 'n afstandbeheerde hek bekikbaar.

Die Lavera-woonstel is 'n eenslaapkamerwoonstel met 'n privaat ingang en 'n dubbelbed wat slaapplek aan 2 gaste bied. Die en suite-badkamer het 'n toilet en 'n stort. Die woonstel het ook 'n kombuis wat met 'n yskas, oond, mikrogolf en broodrooster toegerus is. Verder is daar 'n platskerm-TV met stroomdienste. Linne en handdoeke word voorsien.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
5.0
Veiligheid
4.5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Adri Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 2

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 40 Glen drive, Verwoerdpark, Alberton, 1449, Gauteng
  • Gaste dink Neapolitan and The Lavera Guest Houses het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 850
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 850
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 40 Glen drive, Verwoerdpark, Alberton, 1449, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA245fae8ef8a1a06d0ffa4e1b2e93a4cba0156edd817a828509ee2b4be99233280e75414455c3bed1320e5266d68ea203755a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 2) 2 5 1 5 40 Glen drive Verwoerdpark 1449 Gauteng 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -26.270030128079 28.145149568717
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang