Noorkapperlaan Self-catering
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 8 Noorkapper Avenue, Jongensfontein, 7806, Wes-Kaap
- Vanaf R850 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Noorkapperlaan Self-catering is 'n snoesige selfsorgwoonstel in Jongensfontein, net 10 km vanaf Stilbaai. Dié woonstel is gemáák vir gesinsvakansies en dis lekker naby Blouvlagstrande en die kafees.
Noorkapper 1 het 'n privaat ingang en bied slaapplek aan 4 gaste. Die woonstel het 1 slaapkamer, 1 badkamer, en 'n oopplan-kombuis, -eet en -leefarea. Daar is 'n dubbelbed en 'n muurkas in die slaapkamer. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.
Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n stoof en oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is 'n eetkamertafel met 4 stoele, 'n rusbank en 'n platskerm-TV. Die leefarea het 'n stapelbed vir kinders. Daar is meubels buite, ingeboude braaigeriewe en 'n tuin waar kinders kan speel.
Noorkapper 2: Die tweede woonstel het ook 'n privaat ingang en het slaapplek vir 4 gaste. Die woonstel het slaapplek vir 4 gaste. Die woonstel beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer, 1 gastetoilet en 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n kas. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. In die badkamer is daar 'n stort, toilet en wasbak.
Die kombuis is goed toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n etenstafel met 4 stoele.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Anita Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 49
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 8 Noorkapper Avenue, Jongensfontein, 7806, Wes-Kaap
- Gaste dink Noorkapperlaan Self-catering het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 8 Noorkapper Avenue, Jongensfontein, 7806, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang