Successfully reported
+30

Oase A

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 177 Steenbras Street, Buffels Bay, 6571, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 200 per nag (plek vir 8)

Beskrywing

Oase A bied selfsorgverblyf in die kusdorpie Buffelsbaai. Die eenheid bied 'n lieflike uitsig oor die see en die area vanaf die balkon. Die eenheid is ongeveer 300 m van Buffelsbaaistrand af.

Dié eenheid is op die onderste verdieping van 'n dubbelverdiepinghuis en bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, die tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Die vierde slaapkamer het 1 enkelbed. Die eerste badkamer het 'n bad en 'n stort. Die tweede badkamer het net 'n stort.

Die kombuis is met die nodige toebehore toegerus om maaltye voor te berei en te kook. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die leefarea langs die kombuis het 'n TV met sekere DStv-kanale en lei na die braai-area en die dek waar mens die lieflike uitsig kan geniet.

Veilige parkeerplek is beskikbaar. Die eenheid is 67 km vanaf George Lughawe en dit is die ideale basis vanwaar mens hierdie deel van die Tuinroete kan verken.

BAIE BELANGRIK: GASTE WORD VERSOEK OM ASSEBLIEF HULLE EIE HANDDOEKE EN STRANDHANDDOEKE TE BRING

Kamer-opset

4 Slaapkamers 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Uitstekend

Netheid
4.3
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Werner P
Gesin met tieners
5.0
Heerlike plek. Baie lekker, alles is daar.
Apr 2025
Sjani B
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik gebly. Stapaftand van die strand. Wonderlike ligging met uitstekende uitsig. Sien sterre.
Mrt 2024
Neliswa M
Saam met vriende
4.8
Amazing getaway. Breathtaking place, was very relaxing. Just need a touch here and there but it was good. The host made sure we are com...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2024
Heidi S
Saam met lewensmaat
4.8
Baie lekker plek om te bly as jy nie wil strand toe ry nie. Ons het heerlik gebly. Die huis is loopafstand van die strand af. Die uitsig oor die see v...
Sien meer
Feb 2024
Mariette M
Saam met lewensmaat
4.0
Teleurstellend. Die huis het baie instandhouding nodig, en daarom sal ek dit nie aanbeveel nie. Ons gasvrou was egter baie vriendelik en behulpsaam.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Elma Geverifieer

Eiendomme 8

Resensies 63

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 177 Steenbras Street, Buffels Bay, 6571, Wes-Kaap
  • Gaste dink Oase A het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 200
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 200
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R 2 200
per nag (plek vir 8)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 177 Steenbras Street, Buffels Bay, 6571, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7035cf8fb64d3c5cf2b4386e947d83c982d9279a44b8e0f70bce45a9847eefb3ee931688a8b32bf8357598843ff984463295?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 200 per nag (plek vir 8) 19 5 1 5 177 Steenbras Street Buffels Bay 6571 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.087924900825 22.974058052115
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang