Successfully reported
+29

Ocean Song

  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 14 Wisteria Street, Blue Horizon Bay, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Ocean Song is in 'n natuurbewaringsgebied in Blue Horizon Bay geleë. Daar is gereelde besoeke van bosbokke en ander wild asook walvisse en dolfyne wat gereeld deurtrek gedurende die migrasieseisoen. Ocean Song is 20 km vanaf Gqeberha (Port Elizabeth) en 50 km vanaf Jeffreysbaai en bied gehalteverblyf vir 'n gesin en vriende. Die eenheid het 'n pragtige see-uitsig en is naby die strand. Daar is ook 'n kafee en 'n restaurant en spa 1 km vanaf die eenheid.

Dié strandwoonstel bied slaapplek aan 4 gaste. Daar is 'n oopplan-sitkamer, -eetkamer en -kombuisie en 'n aparte slaapkamer met 'n dubbelbed. Die badkamer is toegerus met 'n stort, toilet en wasbak.

Die kombuisie het 'n tweeplaatgasstoof, yskas, mikrogolfoond, lugbraaier, koffie- en teemaakgeriewe, breekware en eetgerei.

Die sitkamer het ook 'n slaapbank wat in 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens omskep kan word, 'n TV met Netflix en gratis WiFi. Die eetkamer het 'n tafel met 4 stoele.

Daar is 'n patio vir die eenheid met 'n Weber-braai en onderdakparkeerplek vir 1 motor.

Gaste kan op strandwandelings gaan en walvisse en dolfyne in seisoen sien. Ocean Song is naby 'n paar trou-venues, waarvan die gewildste Slipperfield Event and Conference Venue is. Die eenheid is 4 km vanaf die Van Stadens-oord waar wateraktiwiteite in die strandmeer beskikbaar is.

Die eiendom maak gebruik van tenkwater, en daar is 'n rugsteunkragtoevoer vir ligte en die TV tydens beurtkrag.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Stroomdienste
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.6

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Estelle Geverifieer

Eiendomme 7

Resensies 33

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 14 Wisteria Street, Blue Horizon Bay, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
  • Gaste dink Ocean Song het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 200
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 1 200
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 14 Wisteria Street, Blue Horizon Bay, Gqeberha (Port Elizabeth), 6070, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc7efe8d6fe05da5dde7eb00ff01a4f2e8ac83f7395878bed6f8fce8bc115c8a92e9307f002ca6aac80e9e250a51f53d4b121?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 4) 14 5 1 5 14 Wisteria Street Blue Horizon Bay 6070 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.971870578207 25.258229889549

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang