Ocean Zenith
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Colwyn Drive, 29 Mont Calm Estate, Sheffield Beach, 4420, KwaZulu-Natal
- Vanaf R14 000 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Ocean Zenith is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis wat in die Mont Calm Estate in Sheffield Beach geleë is. Dit is 'n fantastiese keuse vir vriende en familie wat op soek is na 'n ontspanne wegbreek na hierdie kusdorpie aan die Dolfynkus.
Dié dubbelverdiepinghuis kan tot 10 gaste akkommodeer in 5 slaapkamers, almal met en suite-badkamers en 'n gastetoilet. Al 5 die slaapkamers is ingerig met 'n koninggrootte-bed, lugversorging, 'n TV en toegang tot 'n balkon. Die eerste slaapkamer het 'n en suite-badkamer wat toegerus is met 'n bad, 'n dubbelstort, dubbelwasbak en toilet. Die ander vier slaapkamers het toegang tot hul eie en suite-badkamer wat met 'n stort toegerus is. Linne, bad- en swemhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolf, lugbraaier, eetgerei en breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n ontbyttoonbank met stoele. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër is beskikbaar vir ekstra gerief. Die ruim eet- en sitareas het gemaklike sitplek vir gaste om te eet en te ontspan, en vir gaste se vermaak is daar 'n TV en 'n pooltafel. Toegang tot Wi-Fi is beskikbaar.
Die huis maak oop na die buite-area waar gaste 'n oneindig swembad, 'n gasvuurput en ongerepte uitsigte oor die omgewing kan geniet. Daar is ook 'n binnehof met 'n gasbraai en 'n buite-eetarea. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar. Plaaslike geriewe soos winkels en restaurante is naby, met die strand ongeveer 600 m weg. Die gewilde vakansiebestemming Ballito is ongeveer 8,9 km ver.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Monique Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 6 maande
Ligging
- Colwyn Drive, 29 Mont Calm Estate, Sheffield Beach, 4420, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Ocean Zenith het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Colwyn Drive, 29 Mont Calm Estate, Sheffield Beach, 4420, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang