Successfully reported
+81

Odendaal’s Ridge

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 754 Le Roux Street, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Odendaal’s Ridge is aan die rand van die bekoorlike dorpie Clarens, aan die voet van die berge. Dit is naby verskeie winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede.

Verblyf is beskikbaar in 2 selfsorg-eenhede. Een van die eenhede is op die grondverdieping en die ander op die boonste verdieping. Daar is ook 'n tuinkothuis op die grondvloer met 'n oopplan-uitleg wat slaapplek aan 2 gaste bied. Beide selfsorg-eenhede bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 2 en suite-slaapkamers met 'n koningingrootte-bed. Die en suite-badkamers het 'n stort of 'n bad óf beide. Alle linne en badhanddoeke word voorsien.

Al 3 eenhede het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Die 2 groter eenhede het ook 'n elektriese oond, skottelgoedwasser en wasmasjien. Eetgeriewe en 'n TV is ook beskikbaar in elke eenheid. Daar is WiFi, maar die sein kan nie verseker word nie aangesien die eiendom aan die voet van die berg is.

Die 2 groter eenhede het toegang tot 'n balkon met 'n ingeboude braai. Daar is ook 'n kaggel, verwarmers en elektriese komberse.

Dié eenhede lei na 'n groot balkon met 'n ingeboude braai. Verder is daar 'n kaggel en elektriese komberse vir die koue winteraande.

Let wel dat die motorhuis as stoorplek dien en nie toeganklik is vir gaste nie maar parkeerplek word op die perseel voorsien.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 65 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Joey S
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig. Baie aangename stil plekkie.
Aug 2025
Esther D
5.0
Was al daar en sal beslis weer gaan! Heerlik gebly! Ongelooflike uitsig. Alles wat nodig is. Al wat ons gemis het, was 'n broodmes. Lekker ligging, ba...
Sien meer
Apr 2025
Natasha H
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker. Awesome plek en uitsig.
Feb 2025
Marius D
Saam met lewensmaat
5.0
Lieflike uitsig en 'n huis uit die boonste rakke. Ons SA vakansie kon nie beter gewees het nie. Behalwe Clarens se flier, was Odendaal's Ridge 'n onve...
Sien meer
Jan 2025
Ivann V
Gesin met klein kinders
5.0
Relaxing and quiet. Perfect accommodation for a big family and beautiful view.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Lourien Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 65

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • 754 Le Roux Street, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Odendaal’s Ridge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 000
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 000
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 754 Le Roux Street, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA02d55a5732265897b8583e70578f731224cdcda20c02f5f5af1612f881efed778ec74927410149313c6361f1c095603715b8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2) 65 5 1 5 754 Le Roux Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.520510847188 28.409968689236
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang