O'Grady Farm - Reitzii
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 8 persone
6 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: O'Grady Farm, Houtenbek 97JT, 6.4 km from Tonteldoos, Tonteldoos, 1111, Mpumalanga
- Vanaf R2 100 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
O'Grady Farm - Reitzii is 'n privaat plaas, 15 km noord van Dullstroom in Mpumalanga. Gerieflike verblyf word in 'n drieslaapkamer-kothuis gebied en dit is ideaal vir kunsvlieghengelaars of diegene wat op soek is na rus en vrede.
Die kothuis het 3 slaapkamers en is geskik vir 8 gaste. Die eerste en tweede slaapkamer het elk 'n dubbel- en enkelbed. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Stort- en badgeriewe is beskikbaar. Die kothuis spog ook met 'n sit-, eet- en kombuis-area. Die kombuis is met 'n yskas, oond, stoof en 'n mikrogolf toegerus.
Die plaas is ideaal vir voetslaan, voëlkyk en bergfietsry en gaste kan daarna 'n drankie rondom die vuur geniet. Daar is maklike en moeilike voetslaanroetes. Die roetes is nie goed gemerk nie, maar gaste kan maklik die bees-paaie of karspore volg en die beeshekke gebruik om van een veld na die ander te beweeg. Die plaashekke moet toegemaak word en honde moet op 'n leiband wees indien daar beeste naby is. Daar is 200 spesies veldblomme, wat orgideë, pelargoniums en bloublokkies insluit.
Dullstroom is 'n paradys vir voëlkykers en huisves meer as 300 spesies, waaronder 3 spesies van die bedreigde Suid-Afrikaanse kraanvoël. Voëllyste is in die kothuise beskikbaar. Dullstroom is bekend vir hoogte-opleiding en bied 'n paar uitdagende ritte op die perseel en in die nabye omgewing.
Die plaas dateer uit 1879. 'n Katolieke kerk is in 1951 deur die gesin gebou en dienste word nog elke eerste Saterdag van die maand gehou.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Riette Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 26
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- O'Grady Farm, Houtenbek 97JT, 6.4 km from Tonteldoos, Tonteldoos, 1111, Mpumalanga
- Gaste dink O'Grady Farm - Reitzii het ’n baie goeie ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 8 persone
6 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: O'Grady Farm, Houtenbek 97JT, 6.4 km from Tonteldoos, Tonteldoos, 1111, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang