Successfully reported
+36

Olive Tree Cottage

  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 13 Glenfruin Meadows, Olive Tree Lane, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Olive Tree Cottage is 'n pragtige kothuis op 'n stil en veilige plattelandse landgoed. Dit is sowat 2 km vanaf Hermanus se sentrum en ideaal vir gaste wat die pragtige dorpie Hermanus wil verken.

Die kothuis het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n ruim slaapkamer met 'n koninggrootte-bed. Daar is 'n instapstort, wasbak en toilet in die en suite-badkamer. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, asook ekstra komberse.

Die oopplan-leefarea het 'n sitarea en 'n kombuisie wat met 'n tweeplaatstoof met 'n oondjie, mikrogolf, yskassie, broodrooster, eetgerei en breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die knus sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar. Daar is 'n omsetter sodat gaste tydens beurtkrag TV kan kyk.

Die kothuis het 'n privaat stoep met 'n tafel en stoele. Braaigeriewe is ook beskikbaar. Die kothuis is stapafstand van 2 restaurante af, asook naby fietsroetes in die bos. Die begin van die wynroete deur die pragtige Hemel-en-Aarde-vallei is ook net 'n entjie se ry weg.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Mooi uitsig
Vervoerdienste
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
DStv
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.7
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Carl M
Saam met lewensmaat
5.0
Relaxing fun, quiet, safe. Very nice! Quiet break away. Neat and safe. Nice bedroom and bed as well.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Marie E
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker. Sien asb. sterre.
Des 2024
Tamsin L
Saam met lewensmaat
5.0
Tranquil and safe. Lovely, peaceful neighbourhood. Carol is a wonderful host.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Frederick S
Saam met lewensmaat
5.0
Asemrowend mooi en baie rustige atmosfeer. Worth every cent. Pragtige plek met 'n rustige atmosfeer.
Apr 2024
Ian P
Saam met lewensmaat
5.0
It was an awesome break! The stay was most enjoyable, the hosts were attentive and the location was spectacular.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Carol Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 54

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • 13 Glenfruin Meadows, Olive Tree Lane, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
  • Gaste dink Olive Tree Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 200
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 200
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 13 Glenfruin Meadows, Olive Tree Lane, Hermanus, 7200, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA4c03e936ce5be5fadeb0138ef551ca835dff505e88671e834f75820da535a52e73cd8d4dd77d8cecedc0f099cc77aa984a82?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2) 18 5 1 5 13 Glenfruin Meadows Olive Tree Lane 7200 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 11:00 -34.408877668267 19.197937626068
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang