Successfully reported
+29

On The Beach

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 34a Saldanha Street, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

On The Beach is 'n dubbelverdieping, selfsorghuis met 'n 180 grade see-uitsig geleë in Hartenbos. Die boonste en onderste verdieping is in 2 aparte eenhede verdeel. Die eenhede kan apart verhuur word of die hele huis saam.

Die boonste verdieping-eenheid het 4 slaapkamers en 'n ekstra slaapkamer vir kinders. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed met en suite-badkamer. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed met en suite-badkamer. Die derde kamer het 'n koningingrootte-bed en die 4de slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Die ekstra kamer vir kinders het 3 enkelbeddens. Die boonste vlak kan altesaam 13 mense slaap. Daar is altesaam 3 badkamers. Die volledig toegeruste eenheid het 'n kombuis, sitkamer met volledige DStv en 'n buitestoep met braaigeriewe.

Die onderste vlak eenheid het 3 slaapkamers. Daar is 2 groot slaapkamers met 'n asemrowende see-uitsig, elk met 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed. Die derde en suite-kamer het ook 'n koningingrootte-bed en 'n stapelbed. Die onderste vlak kan altesaam 12 mense slaap. Die eenheid het 'n groot leefarea met DStv en 'n lieflike see-uitsig saam met 'n volledig toegeruste kombuis en 2 badkamers. Dié eenheid het sy eie ingang en 'n groot stoep met braaigeriewe. In die sitkamer is 'n stapelbed en 'n slaapbank, vir ekstra slaapplek vir kinders.

Geen rook word in die eenhede toegelaat nie. Linne en handdoeke is ingesluit en 'n ekstra fooi sal gehef word vir skoonmaak.

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 34 resensies

Uitstekend

Netheid
4.4
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Annareth B
Gesin met tieners
5.0
Heerlik rustig by die see. Ons was 4 gesinne wat heerlik gebly het. Baie spasie en lekker stoepies vir braai.
Aug 2025
Suretha V
Gesin met klein kinders
5.0
Goeie ligging. Baie lekker gebly. Perfekte ligging.
Feb 2025
Johan F
Saam met lewensmaat
5.0
Asem wegslaan mooi! Nader as dit aan die water kry jy net op 'n boot!
Nov 2024
Neil O
5.0
Uitmuntende verblyf. Fantastiese ligging, fantastiese verblyf teen goeie prys. Wens ons kon langer gebly het as net die naweek, maar ons kon Sondag la...
Sien meer
Nov 2024
Martell V
Gesin met klein kinders
4.6
Baie lekker. Die view is so mooi, ek wil heeldag net op die stoep sit. Ons het baie lekker gekuier en die kinders het dit so baie geniet. Ons wil defn...
Sien meer
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Christa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 34

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 34a Saldanha Street, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
  • Gaste dink On The Beach het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 300
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 300
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 34a Saldanha Street, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGMyMWJiYmIzLTZmYTYtNDAzZS05NmU3LWZmYjk5MjI2NTE0NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 300 per nag, vir 2 mense 34 5 1 5 34a Saldanha Street Hartenbos 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.130726 22.116105

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang