Ons Huisie
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 3 persone
2 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 36 Van Zyl Road, Steynsvlei, Krugersdorp, 1724, Gauteng
- Vanaf R850 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Ons Huisie bied knus selfsorgverblyf met 'n privaat ingang op die eienaar se eiendom wat op 'n kleinhoewe in Steynsvlei, Krugersdorp geleë is. Dit kan 'n goeie opsie wees vir óf 'n paartjie óf 'n klein gesin wat op soek is na 'n wegbreek uit die stad.
Dié kothuis bied gerieflike slaapplek vir 2 volwassenes en 1 kind op 'n slag en het 'n oopplan-ontwerp. Dit is ingerig met 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed wat slegs vir kinders beskikbaar is. 'n Stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.
Hierdie eenheid het ook 'n kombuis wat toegerus is met 'n gasstoof, mikrogolf, yskassie, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Vanuit hierdie kombuis lei 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Buite is daar 'n ruim tuin met pragtige uitsigte, 'n uitnodigende swembad en braaigeriewe. Daar is heelwat diere in die kleinhoewe soos hoenders, kalkoene, njalas, varke, honde en katte.
Kamer-opset
Leefarea
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kinderbed vir 1
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Maryna Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 36 Van Zyl Road, Steynsvlei, Krugersdorp, 1724, Gauteng
- Gaste dink Ons Huisie het ’n uitstekende ligging
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 3 persone
2 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 36 Van Zyl Road, Steynsvlei, Krugersdorp, 1724, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang