OnsStruishuis
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 2952 Zandt Crescent, Langezandt Estate, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Vanaf R6 234 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
OnsStruishuis is 'n ruim gesinsvakansiehuis en is net 170 m se stap van die strand af. Dié eiendom is in die toegangsbeheerde Langezandt-landgoed in die kusdorpie Struisbaai geleë.
Dié eiendom kan altesaam 8 gaste op 'n slag akkommodeer en beskik oor 3 en suite-badkamers en 'n solderkamer. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Hierdie kamer het 'n solderkamer met 'n koninggrootte-bed. Die ander 2 kamers het elk 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Een van hierdie kamers is in 'n aparte tuinkothuis. Alle linne en handdoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea het hoë plafonne en 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, koffiemasjien, boontjiemeul, eetgerei en breekware asook 'n sentrale etenstafel. Van die kombuis af lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV sonder DStv.
Buite die huis is daar 'n privaat binnehof asook 'n onderdakstoep met buitebraaigeriewe.
Gaste het toegang tot 'n dubbelmotorhuis en word ook aangebied met komplimentêre WiFi.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Leefarea
1 x Koningingrootte-bed
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Johann Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 2952 Zandt Crescent, Langezandt Estate, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
- Gaste dink OnsStruishuis het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 2952 Zandt Crescent, Langezandt Estate, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang