Successfully reported
+52

Onze Rust Guest House & Caravanpark

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 65 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hospitaal Street, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
  • Vanaf R725 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Onze Rust Guest House & Caravanpark is sentraal geleë in die oase wat Colesberg in die Karoo bied en is sowat halfpad tussen die meeste bestemmings. Kom geniet 'n stil, rustige en veilige wegbreek.

Die gastehuis bestaan uit 19 kamers en is geskik vir 58 gaste. Daar is ongeveer 25 staanplekke vir karavane en tente beskikbaar op die perseel. Van sonsondergange wat jou na jou asem sal laat snak tot 'n rustige tuin om in te ontspan, hier is iets moois vir 'n ieder en elk. Ander geriewe sluit 'n binne- en buitebraai, parkeerplek (toesluitbaar en 24 uur-diens in. Troeteldiere word toegelaat indien dit vooraf gereël word.

Daar word voorsiening gemaak vir elke voorkeur. Daar is 19 kamers wat bestaan uit dubbel- en gesinskamers, rondawels, chalets en sakpas-verblyf. Ons het luukse en bekostigbare kamers. Ontbyt en aandete is op versoek beskikbaar.

Elke kamer (behalwe die rugsakreisigerskamers) het 'n TV, breekware en eetgerei, yskassie, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n mikrogolfoond. Elke sakpaskamer het 'n TV, eetgerei, bord en koffie- en teemaakgeriewe.

Die rondawels én sakpasverblyf is in die karavaanpark en deel gemeenskaplike ablusiegeriewe.

Die restaurant is heel jaar oop, maar die gastehuis bestel egter kos van ’n ander restaurant in die dorp gedurende laagseisoen. Daar is ’n spyskaart en die kos sal by gaste se kamer afgelewer word teen ’n ekstra fooi. Gaste kan kies of hulle die kos in hul kamer of die restaurant wil eet.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.2/ 5

Gebaseer op 215 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.4
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.2
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Ruan E
5.0
Stayed for one night due to relocation and was perfect for the occasion. Great service, clean room, would definitely recommend to other...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025
Gerrie B
Saam met vriende
5.0
Baie aangename mense, het al 'n paar keer oorslaap en goeie diens gekry. Dis altyd lekker en aangenaam om oor te slaap, stil, veilig en rustig.
Apr 2025
Frank B
5.0
Heerlike verblyf. Die verblyf was baie lekker. Mooi skoon. Geen klagtes nie.
Des 2024
Hester K
Gesin met tieners
4.2
Ek sal weer daar oorslaap, dis stil. Dit was lekker en stil.
Jan 2025
J.c.b. S
Saam met lewensmaat
4.0
Goeie ligging. Genoeg spasie vir groot sleepwa. Mooi area.
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Eugene Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 215

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Hospitaal Street, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
  • Gaste dink Onze Rust Guest House & Caravanpark het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 725
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 725
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 725
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 65 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hospitaal Street, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdiNTcwOWI0LTMxMTQtNDkyZC05M2UxLTZlYTE5NWMzNzI1Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R725 per nag, vir 2 mense 215 5 1 5 Hospitaal Street Colesberg 9795 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-00:00 10:00 -30.729817644185 25.089861710103
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang