Oorgenoeg
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 3
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 9 Newmarket Road, Longacres Equestrian Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Vanaf R1 300 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Oorgenoeg bied plaasstylverblyf op 'n kleinhoewe in Longacres Equestrian Estate, net buite Langebaan en net 3,5 km vanaf Calypso-strand. Nadat hulle in die see gaan swem het of op die strand gaan stap het, kan gaste terugkeer huis toe om te ontspan en te verkwik en voel naby aan die natuur.
Verblyf word in 'n kothuis en 'n boomhuis gebied. Nabygenoeg-kothuis het slaapplek vir tot 4 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 'n solderkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die badkamer is toegerus met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die solderkamer op die boonste verdieping is ingerig met 2 enkelbeddens. Die sitkamer het sitplek, 'n platskerm-TV en kaggel vir die kouer wintermaande. Gratis WiFi is beskikbaar.
Hooggenoeg is 'n luukse 2-slaapkamer boomhuis tussen bloekombome in die perdekamp. Die boomhuis is ontwerp om 'n gevoel van ontsnapping, rustigheid en romanse te skep en terselfdertyd gaste tuis te laat voel. Dit is ingerig met 'n dubbelbed, 'n oopplan Victoriaanse bad en 'n aparte toilet.
Albei eenhede beskik oor 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskas-vrieskas, 'n kookplaat, mikrogolf, ketel, broodrooster, en eetgerei en breekware, 'n privaat stoep met 'n Kol-kol-houtvuurbad en braaigeriewe.
Onderdakparkeerplek is beskikbaar.
Aktiewe gaste kan die staproetes in en om Oorgenoeg geniet, want dit is reg langs 'n groenstrook geleë. Vir diegene wat 'n blaaskans van die gejaag van die daaglikse lewe nodig het, kan jy by die perde in hul padstal aansluit en op die swaai onder die bloekombome ontspan.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Nadea Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 39
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 9 Newmarket Road, Longacres Equestrian Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Gaste dink Oorgenoeg het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Geen kinders onder 3
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 9 Newmarket Road, Longacres Equestrian Estate, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang