Successfully reported
+13

Op-en-Af

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 19 Panorama Street, Buffels Bay, 6570, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 800 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Op-en-Af bied gerieflike selfsorgverblyf op die grondvlak van die eienaar se huis wat sentraal geleë is in die hartjie van Buffelsbaai. Dit is 'n ideale opsie vir 'n gesinsvakansie, want dit spog nie net met see-uitsigte nie, maar is net 350 m van die strand af geleë.

Dié woonstel bied slaapplek aan 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastetoilet. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens en deel die tweede badkamer met 'n bad en 'n stort. Linne word voorsien; gaste word egter verplig om hul eie handdoeke saam te bring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof en oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. 'n Wasmasjien is ook beskikbaar. Van die kombuis af lei 'n sitkamer met gemaklike sitplek en 'n TV. Komplimentêre WiFi is beskikbaar.

Buite die eenheid het gaste hul eie braai-area met buitesitplek onder 'n boom waar hulle gehaltetyd saam kan geniet na 'n sonnige dag op die strand. Dié braai-area bederf met 'n pizza-oond waarvan gaste gebruik kan maak.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 3 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

WiFi
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Baie goed

Netheid
3.5
Ligging
5.0
Waarde vir geld
3.5
Diens
4.5
Veiligheid
3.5

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Elma Geverifieer

Eiendomme 8

Resensies 63

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 19 Panorama Street, Buffels Bay, 6570, Wes-Kaap
  • Gaste dink Op-en-Af het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 800
per nag, vir 6 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R 1 800
per nag, vir 6 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 19 Panorama Street, Buffels Bay, 6570, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA08524d5ebf756180636543c60e111c695545020040e66db0611ad6659942f7d0e4abd7861023245e6c8858b8bf3ed4b12031?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag, vir 6 mense 2 5 1 4 19 Panorama Street Buffels Bay 6570 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-17:00 10:00 -34.084624690693 22.971716763615
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang