Hi Almarie, Baie dankie vir jou terugvoer – ons waardeer dit opreg, selfs wanneer dit uitdagend is om te verwerk. Ons is jammer dat jou ervaring nie aan jou verwagtinge voldoen het nie. Ons strewe altyd daarna om ons gaste se verblyf so aangenaam moontlik te maak, en dis duidelik dat ons in hierdie geval nie daarin geslaag het nie.
Ons het met gemengde gevoelens jou aanlyn resensie gelees, veral omdat dit skerp kontras bied met die mooi boodskap en illustrasie wat jy in ons gasteboek agtergelaat het. Die verskil tussen die twee terugvoere was vir ons verwarrend, en ons het probeer om sin te maak van die uiteenlopende indrukke.
Wat jou opmerkings oor ligging, netheid, kliëntediens en waarde vir geld betref, wil ons graag kortliks daarop reageer:
Ligging: Ons is trots op ons unieke ligging met 'n panoramiese uitsig van ongeveer 250 grade oor Mosselbaai, insluitend berge en see.
Netheid: Die eenheid is persoonlik deur my en my vrou skoongemaak voor jul aankoms, juis om seker te maak dit is in perfekte toestand.
Kliëntediens: Ons het op verskeie maniere met julle gekommunikeer om seker te maak alles verloop vlot en dat julle welkom voel. Daarom is dit vir ons moeilik om te verstaan waarom die diens as onvoldoende beskou is.
Waarde vir geld: Ons probeer 'n balans bied tussen 'n selfsorg-ervaring en gastehuis-geriewe, insluitend ekstra’s soos ‘n bottel wyn, braaihout, koeldrank, melk, lekkernye, handoeke, asook badkamerprodukte – alles teen geen ekstra koste.
Ons het regtig probeer om alles in plek te stel sodat julle net julle persoonlike items en kos hoef saam te bring. Daarom sou ons graag meer insig wil hê oor wat moontlik ontbreek het of verbeter kan word.
Ons sal jou verdere terugvoer waardeer – dit sal ons help om te verbeter en ook ander toekomstige gaste van waardevolle perspektief voorsien.
Ek sal jou terugvoer baie waardeer.
Groete
Oppiekoppie