Oude Post Guesthouse and Cottage
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 62 Kerk Street, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
- Vanaf R1 900 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Oude Post Guesthouse and Cottage bied lieflike selfsorg-oornagverblyf in die rustige Lydenburg-area en is ideaal vir 'n klein gesin, 'n paartjie of sakereisigers.
Daar is 3 gastekamers in die hoofhuis en 'n losstaande selfsorgkothuis. Al 3 gastekamers bied elk slaapplek aan 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad of 'n stort, of albei. Die kothuis beskik oor 'n slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n en suite-stort. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.
Die gastekamers het ook 'n lessenaar, slim-TV, gratis WiFi, 'n koffiestasie en 'n yskassie. Gaste het toegang tot 'n volledig toegeruste kombuis. Die kothuis het 'n oopplan-leefarea met 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n wasmasjien toegerus is. Daar is ook 'n etenstafel en 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n slim-TV. Gratis WiFi is ook beskikbaar.
Buite is daar 'n privaat tuin en onderdaksitarea. DIe hoofhuis het 'n lieflike tuinarea en 2 buitesitareas. Verder is daar 'n vuurput en etes is teen 'n addisionele koste beskikbaar indien daar vooraf gereël word.
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.1/5
Emma Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 7
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- 62 Kerk Street, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
- Kapasiteit: 4 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 62 Kerk Street, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang