Successfully reported
+31

Oue Werf Country House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 25 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oue Werf Country House, Schoemanshoek Valley en route Cango Caves, R328, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 884 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Annelie nooi jou uit om kwaliteittyd by haar gastehuis, wat sy self bestuur, deur te bring. Oue Werf, circa 1857, is 'n werkende plaas in die rustige Schoemanshoekvallei in die Wes-Kaap, 12 km van Oudtshoorn, en 15 km van die Kango-grotte af.

Daar is 8 luukse dubbel- of 2-enkelbedkamers wat met antiekware gemeubileer is en van die kamers het nog die oorspronklike rietdakplafonne behou het. Alle kamers het privaat ingange, en is 'n entjie van die hoofhuis af geleë. Geriewe sluit 'n TV, WiFi, perkeerplek, wasgoedgeriewe, 'n yskassie, teeskinkbord en private uitgange wat na die pragtige tuine met 'n ryk voëllewe in. Kinders is welkom.

Hier by Oue Werf kan jy werklik ontspan. In die somer kan jy 'n verfrissend drankie of ligte middagete langs die swembad geniet en gedurende die winter kan jy snoesig onder 'n kombers voor die kaggel in die sitarea sit, 'n boek lees en 'n glasie sjerrie drink.

Kersligetes word in ons stylvolle, ouwêreldse eetkamer met sy hoë rietdakplafonne en terracotta-vloer voorgesit. Hierdie gesellige tradisie is vir jou geskep sodat jy 'n heerlike tuisgemaakte plaasete op versoek kan geniet. 'n Heilsame plaasontbyt word op die patio, met 'n uitsig oor die skilderagtige berge, of in die eetkamer bedien.

Die natuur word hier in al haar glorie vertoon: Pragtige natuurtonele, asemrowende berg-uitsigte, inheemse voëlspesies en die soet geur van delikate rose wat oorvloedig om jou blom.

Kinders kan "foefie slide" oor die dam geniet, asook die vlot wat hulle heen en weer oor die dam sal neem.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 60 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Mignon S
5.0
Rustig, vreedsaam, kos vir die siel. Heerlik geslaap, kussings topkwaliteit en die beddens ook. Stilte in die vallei en gasvryheid wat mens in die Kar...
Sien meer
Aug 2025
Lisq C
Gesin met klein kinders
5.0
Fantastic and welcoming. Our stay was absolutely wonderful. Most generous and kind hosts. They went out of their way to accommodate our...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Charmaine S
5.0
Amazing pragtig rustig. Dit was heerlik om daar te bly, die personeel is almal super vriendelik en die natuurskoon omgewing pragtig.
Apr 2025
Jeanne H
Saam met lewensmaat
5.0
Gasvry, pragtige tuin, uitstekende ligging. Ja, vriendelike en gasvrye diens. Ons het laat aangekom, en hulle het vir ons aandete bespreek op 'n buurp...
Sien meer
Apr 2025
Jana G
5.0
Pragtige gerieflike verblyf. Ons het baie lekker gebly, dit was baie mooi, alles wat mens nodig het. Lieflike plek en baie gasvry.
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Annelie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 60

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Oue Werf Country House, Schoemanshoek Valley en route Cango Caves, R328, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • Gaste dink Oue Werf Country House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 884
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 884
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 884
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 25 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Oue Werf Country House, Schoemanshoek Valley en route Cango Caves, R328, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAca4b62818ab62b860b4ca9252a531de393c9241b7b893ff61bd47e339aca23cc1bfca600ca9d2e75fe8483ee086a6e692769?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 883 per nag, vir 2 mense 60 5 1 5 Oue Werf Country House Schoemanshoek Valley en route Cango Caves, R328 6625 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -33.478388888889 22.242333333333
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang