Out of Africa
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 5 Skietberg Avenue, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
- Vanaf R800 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Out of Africa is geleë in Colesberg aan die voet van Skietberg waar bokke wei. Dit is ideaal vir gaste wat tussen Johannesburg, Kaapstad, Durban en Gqeberha (Port Elizabeth) reis en veilig wil oornag. Die gastehuis fokus op 'n holistiese leefstyl en bestaan uit 2 aparte kamers.
Die Pers Kamer is klein, maar voldoende vir 'n oornagverblyf. Dit is gemeubileer met 'n dubbelbed met 'n elektriese kombers en 'n enkelstapelbed. Die en suite-badkamer is toegerus met 'n stort, toilet en wasbak.
Die Groen Kamer is gemeubileer met 2 enkelbeddens wat op versoek in 'n koningingrootte-bed omskep kan word. 'n Kamphut en bababedjie kan ook op versoek in die Groen Kamer voorsien word. Die en suite-badkamer het 'n bad, stort, toilet en wasbak.
Elke kamer is toegerus met 'n klein yskas, ketel, mikrogolfoond, eetgerei, handdoeke en waaiers, elk met sy eie ingang en veilige parkering. Vrieskasgeriewe is op aanvraag beskikbaar. Geriewe en komplimentêre items sluit in beskuitjies, koffie, tee, suiker, koue water, ys en melk. Let daarop dat die kamers nie lugversorging het nie.
Elke kamer het ook sy eie braaigeriewe, en hout en braaistelle is te koop. Aandetes is op aanvraag beskikbaar.
Gaste kan die Colesberg-Kemper Museum besoek, die Doornkloof Natuurreservaat en selfs die Gariepdam verken, of 'n maaltyd geniet by Die Plattelander, Bordeaux, Horse and Mill, Innikraal, of Die Chargo-kamp, wat ongeveer 2 km van die verblyf af is. Gaste is ook welkom om Skietberg te klim en die uitsig te geniet.
Veilige parkering word voorsien.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Jeanine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 97
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- 5 Skietberg Avenue, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
- Gaste dink Out of Africa het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 5 Skietberg Avenue, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang