Palms Gastehuis
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 15 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 15 Schoeman Street, Hartswater, 8570, Noord-Kaap
- Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Palms Gastehuis in Hartswater bied 'n rustige tuin-atmosfeer met 6 gerieflike selfsorgeenhede op die terrein. Elke eenheid het slaapplek vir 2 gaste en die Ivy Room bied bekostigbare verblyf vir ouers met twee jong kinders. Die Palm Room bied luukse verblyf met 'n koningingrootte bed, ruim kamer met minikombuis en groot badkamer met stort en bad. Die ander eenhede het elk 'n standaard dubbelbed. Enkel matrasse of 'n bababed kan in sommige kamers bygevoeg word om 'n gesin met een kind te kan huisves. Wit beddegoed en handdoeke van 'n ligte kleur word voorsien. Elke eenheid het gratis WiFi, lugversorging en 'n kombuisie wat met 'n ketel, mikrogolf, yskas, en induksieplaat toegerus is. Sommige eenhede het Slim TVs en ander het 'n TV met DStv se gastehuis-pakket, KykNet. Sommige eenhede het 'n uitsig oor die swembad, en ander eenhede het tuin-uitsigte.
'n Ligte selfhelp-ontbyt met koffie, tee, melk, suiker, beskuit en 2 soorte ontbytgraankos is by die tarief ingesluit.
Daar is by elke eenheid braaigeriewe en veilige parkeerplek agter 'n elektriese hek. Die gastehuis word deur sekuriteitskameras wat aan 'n sekuriteitsmaatskappy gekoppel is beveilig. Daar is 'n kragopwekker wat outomaties aanskakel tydens kragonderbrekings en 'n boorgat voorsien water wanneer watervoorsiening sekere tye van die jaar onderbreek word.
Palms Gastehuis is in die middedorp geleë en is stapafstand vanaf verskeie winkels en restaurante. Dis 'n baie gewilde bestemming vir sakereisigers en gesinne wat Vaalharts vir troues, sport en familiegeleenthede besoek.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Salome Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 29
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 15 Schoeman Street, Hartswater, 8570, Noord-Kaap
- Gaste dink Palms Gastehuis het ’n baie goeie ligging
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 15 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 15 Schoeman Street, Hartswater, 8570, Noord-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang