Successfully reported
+25

Parklands Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N2 Farm 230 No 1, Keurboom Heights, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 950 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Parklands Cottage is op 42 hektaar golwende groen heuwels en natuurlike woud geleë, 14 km vanaf Plettenbergbaai en spog met pragtige uitsigte oor die omliggende landgoed. Dit is 'n ideale plek vir 'n rustige en romantiese vakansie aangesien dit omring word deur privaat plantasies en inheemse woude.

Dié knus en pragtig versierde kothuis het slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en maak gebruik van die tweede badkamer wat 'n stort het. Alle linne word voorsien; gaste moet egter hul eie handdoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser. Van die kombuis af lei 'n etenstafel met sitplek vir 4 en 'n sitkamer met gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n TV met DStv. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.

Buite die eenheid is daar 'n privaat patio met 'n buite-etenstafel en braaigeriewe wat 'n wonderlike plek is vir gaste om saans 'n skemerkelkie te geniet terwyl die vuur brand. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel wat nie ver van die bekende Robberg Natuurreservaat af is nie.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 3 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

5/5

Beverly Geverifieer

Eiendomme 3

Resensies 6

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • N2 Farm 230 No 1, Keurboom Heights, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Parklands Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 950
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 950
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 2 950
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: N2 Farm 230 No 1, Keurboom Heights, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1d32c1e7e1093f53ce8fe980554fd0d51ebb1e7a50e96283b66de3957197e5830659e65e0bf2de603101a51d8a8d8d3e1b08?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 950 per nag (plek vir 4) 3 5 1 5 N2 Farm 230 No 1 Keurboom Heights 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.989501 23.431891

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang