Perna Perna 18
Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 17 Okt 2025 tot 20 Nov 2025.
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 7 North Beach Road, Umdloti, Durban, 4350, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 850R1 234 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Perna Perna 18 is 'n smaakvol gemeubileerde woonstel in die skilderagtige kusdorpie Umdloti en bied selfsorgverblyf met asemrowende see-uitsigte. Dié seefrontkompleks is oorkant die strand geleë en is ideaal vir 'n gesin of groep vriende op soek is na 'n kustoevlugsoord.
Die woonstel bied slaapplek aan 4 volwassenes en 2 kinders en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en daar is 2 kinderbeddens in die derde slaapkamer. Die gedeelde badkamer het 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, broodrooster, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is ook 'n toonbank met 2 stoele. Die leefarea het 'n etenstafel, 'n plafonwaaier, 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV. Die sitarea lei na 'n balkon met braaigeriewe, sitplek en 'n see-uitsig.
Gaste het toegang tot 'n gemeenskaplike swembad in die kompleks en kan die strand, waar hulle 'n verskeidenheid watersportsoorte kan geniet, besoek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Kinderbed vir 1
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Corrie Geverifieer
Eiendomme 72
Resensies 249
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 7 North Beach Road, Umdloti, Durban, 4350, KwaZulu-Natal
-
Kapasiteit: 6 persone
4 volwassenes, 2 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 7 North Beach Road, Umdloti, Durban, 4350, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang