Petit Plaisir Cottage
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 4 Heide Street, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
- Vanaf R3 140 per nag (plek vir 2)
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Petit Plaisir Cottage is 'n selfsorgkothuis in die buitewyke van die pragtige dorpie Franschhoek, wat die middelpunt van 'n wyn- en kos-fynproewershemel in een van Suid-Afrika se mees asemrowende omgewings vorm. Dis die perfekte romantiese wegbreekplek vir paartjies wat daarvan hou om vakansie op hulle eie manier te hou.
Die kothuis is stylvol versier met die tipe dekor wat'n mens van 'n 4-ster-blyplek sal verwag. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die oopplankombuis is met 'n stoof, yskas, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe toegerus en lei na sit- en eetarea waar daar 'n kaggel is. Ander geriewe sluit lugversorging, DStv-kanale en gratis WiFi in.
Buite kan gaste op die stoep of in die tuin ontspan, in die swembad afkoel of die braaigeriewe gebruik. Veilige parkeerplek word voorsien.
Franschhoek staan as die fynproewershoofstad van die Kaap bekend en verdien hierdie titel aangesien dit met van die beste restaurante in die land spog. Maaltye wissel van Franse kookkuns tot tipiese Kaapse geregte tot eenvoudige, plattelandse kos en daar is 'n spyskaart vir elke sak en smaak.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.9/5
Marlicia Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 75
Op LekkeSlaap 16 jaar
Ligging
- 4 Heide Street, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
- Gaste dink Petit Plaisir Cottage het ’n uitstekende ligging
Toeganklikheid
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 4 Heide Street, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang