Successfully reported
+54

Phumelo Lodge

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 16 Cyferfontein, Road D908, Mabalingwe Game Reserve, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R4 050 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Phumelo Lodge bied luukse verblyf, verwelkomingsdrankies, ontbyt, 'n driegang-aandete en 'n lieflike 2 uur-lange wildrit. Phumelo Lodge is in 'n privaat Groot 5-wildreservaat van 12000 hektaar teen 'n heuwel. Die lodge is in die Waterberge, 50 km vanaf Bela-Bela geleë en het 'n uitsig oor 'n rivier.

Verblyf word in 4 grasdak-eenhede met 'n Afrika-tema aangebied. Elke eenheid is smaakvol gemeubileer en het 'n koninggrootte-hemelbed, 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Daar is ook lugversorging, 'n platskerm-TV met Netflix, koffie- en teemaakgeriewe, warmsjokolade, komplimentêre beskuit en fynproewerskoekies.

Elke chalet het 'n dek wat reg rondom die huis strek met stoepmeubels wat waterbestand is. Maaltye word in die hoofgebou se eetarea bedien. Middagete is teen 'n ekstra koste beskikbaar. Die lodge het ook 'n gastesitkamer emt toegang tot gratis WiFi en 'n swembad.

Gaste kan laatmiddag 'n wildrit saam met 'n ervare wildbewaarder in 'n oop wildkykvoertuig geniet teen 'n ekstra koste per persoon. Dié wildritte sluit peuselhappies en drankies teen 'n addisionele koste in, sowel as komberse om die koue te verdryf.

Phumelo Lodge is in die Mabalingwe Natuurreservaat geleë. Dié privaat wildreservaat spog met olifante, leeus, luiperds, renosters, seekoeie, buffels, kameelperde, sebras, wildebeeste, hiënas, vlakvarke en 'n rits verskillende bokke en voëls.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 34 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.6
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Sumien D
Saam met vriende
5.0
Wonderlik. Die personeel was vriendelik, vaardig en behulpsaam. Dona het moeite gedoen om ons te help om in Mabalingwe 'n voëlkykrit te kan doen. Die ...
Sien meer
Apr 2025
Juhan L
Saam met lewensmaat
5.0
Gasvryheid, goeie diens, baie lekker geëet. Ek het baie lekker gebly.
Feb 2025
Rudy K
Saam met lewensmaat
5.0
Perfekte wegbreek! Uitsonderlike diens en rustige atmosfeer.
Jan 2025
Gb J
Saam met lewensmaat
5.0
'n Wonderlike mid-week bederf! Ons is soos konings behandel en op die hande gedra. Die personeel is baie vriendelik en hulpvaardig. Die kos is van uit...
Sien meer
Des 2024
Eddie E
Saam met lewensmaat
5.0
Ontspanne en sorgloos. Ons was baie goed na omgesien. Die personeel was baie vriendelik en het gedurig gekyk hoe hulle ons tyd gerieflik kan hou. Dore...
Sien meer
Nov 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Doreen/Rita Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 34

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 16 Cyferfontein, Road D908, Mabalingwe Game Reserve, Bela-Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Phumelo Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 4 050
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 4 050
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 4 050
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 10 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 16 Cyferfontein, Road D908, Mabalingwe Game Reserve, Bela-Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA07f12ec3a74f7cbd0def67f2592c3b5be34b99e7e8a701a64b5142fc8240296e512b1c1c35009a242b24f135a55163562f92?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 050 per nag (plek vir 2) 34 5 1 5 16 Cyferfontein, Road D908 Mabalingwe Game Reserve 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -24.775773630745 28.02134335041
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang