Successfully reported
+38

Pincushion Heights

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 216 Brenton-on-Sea, Uitzigt Farm Portion 117, Brenton-on-Sea, 6571, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Pincushion Heights bied verblyf in luukse selfsorgwoonstelle tussen Brenton-on-Sea en Lake Brenton in die Uitzicht Western Heads Natuurbewaringsgebied. Dié verblyf spog met 'n uitsig oor die bekende Knysna-strandmeer en op die Outeniekwaberge. Daar is ook 'n mooi uitsig oor die see en strande tussen Brenton en Buffelsbaai.

Verblyf word in verskeie woonstelle gebied wat via trappe bereik word en elk slaapplek het vir 2 gaste. Elke eenheid het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Skoon linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuisies is met 'n yskassie, mikrogolf, basiese eetgerei, breekware, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die Succulent Luukse Woonstel is die enigste eenheid met 'n stoof en 'n oond. Die kombuisies lei na 'n sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met Netflix. Gratis WiFi is beskikbaar.

Sommige eenhede lei na 'n groot balkon met sonstoele. Gaste het toegang tot die unieke fynbostuine en die dek, en kan die boma-vuurput vir 'n aandbraai bespreek. Die perseel is sowat 10 ha en daar is stap- bergfietsroetes in die Goukamma Western Heads Bewaringsgebied wat gaste kan aandurf.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Louis V
Saam met lewensmaat
5.0
Veilig, skoon, baie mooi en waarde vir geld. Sal vir seker Pincushion Heights aanbeveel. Baie mooi plek, mooi uitsig oor die see, baie skoon en veilig...
Sien meer
Okt 2025
Sumari P
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende diens en mooiste blyplek. Ons was baie vriendelik ontvang en die plekkie was so netjies en mooi. Die eienaars het vreeslik baie moeite ged...
Sien meer
Jun 2025
Jaco S
Saam met lewensmaat
5.0
Incredible accommodation. Beautiful setting with amazing views! Very clean and friendly management.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025
Cabri V
Saam met lewensmaat
5.0
Best views. We had an awesome stay. The views from the top of the hill are amazing. Pincushion Heights is the perfect base from which t...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2025
Caren F
Saam met lewensmaat
5.0
Baie baie baie lekker! Bitter baie dankie vir 'n lekker 4 daggies by julle. Vandat ons by julle aangekom het, was ons elke oomblik net in awe oor hoe ...
Sien meer
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Peter Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 216 Brenton-on-Sea, Uitzigt Farm Portion 117, Brenton-on-Sea, 6571, Wes-Kaap
  • Gaste dink Pincushion Heights het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 800
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 800
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 216 Brenton-on-Sea, Uitzigt Farm Portion 117, Brenton-on-Sea, 6571, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA889ff2bcaf74c5090b7efd530814e4a52c79f3fc51d5ea2604dd68a7bcb8baf563543960759cdf5cea4cc8b989a9266693f4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag (plek vir 2) 10 5 1 5 216 Brenton-on-Sea Uitzigt Farm Portion 117 6571 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.065423194193 23.02475810051

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang