Plains Camp
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 13
-
Inkloktyd: 13:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Private Wilderness Concession, Skukuza, Kruger National Park, 1350, Mpumalanga
- Vanaf R18 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Plains Camp is 'n intieme versameling stylvolle en suite-tente in die skadu van knoppiesdoringbome in 'n privaat wilderniskonsessie in die Krugerwildtuin. Plains Camp is die basiskamp vir wandelroetes in die Krugerwildtuin en is die hartjie van die wildernis-ervaring.
Rhino Walking Safari's is 'n eksklusiewe, gespesialiseerde safari-ervaring en hulle basiskamp beskik oor 4 gerieflike en suite-tente met 'n uitsig oor die vlakte waar 'n verskeidenheid wild en roofdiere raakgesien kan word. Die Timbitene-watergat aan die einde van die vlakte is 'n gewilde drinkplek vir olifante.
Elke tent het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak.
Die kamp bied onvergeetlike en informatiewe begeleide staptoere wat ontwerp is om gaste nader aan die natuur te bring en fassinerende aspekte van die Afrikabos te ontdek. Gaste kan ook oor die fauna en flora leer, leer hoe om spoor te sny en kennis oor die ekosisteme op te bou.
Gaste kan maaltye en geselskap in die kamp geniet voor hulle 'n lekker nagrus in 'n netjiese tent of onder die sterre op die dekke geniet (dit moet vooraf bespreek word).
Ligging
- Private Wilderness Concession, Skukuza, Kruger National Park, 1350, Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 13
-
Inkloktyd: 13:00 tot 14:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Private Wilderness Concession, Skukuza, Kruger National Park, 1350, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang