Successfully reported
+169

Platinum Airport Lodge

  • Kapasiteit: 61 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 18 Navache Avenue, Cynthia Vale, Pretoria, 0110, Gauteng
  • Vanaf R720 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Platinum Airport Lodge bied gerieflike B&B-verblyf in Pretoria se voorstad, Wonderboom. Die lodge is 2,7 km vanaf Wonderboom Lughawe.

Laat die gewoel van die stad agter. Die lodge bied gaste luukse akkommodasie en konferensielokaal. Die lodge is in 'n pragtige omgewing geleë en het goeie akkommodasie en onberispelike diens. Hierdie elemente saam verseker 'n rustige wegbreek.

Die verblyf word in 16 en suite-dubbelslaapkamers gebied wat elk individueel versier is. Die kamers het elk ’n privaat ingang, lugversorging, ’n yskassie en voorraad, ’n kluis, ’n TV en tee- en koffiemaakgeriewe. Die badkamers het elk ’n stort en bad. Van die kamers het ’n privaat stoep waar gaste lekker kan braai. Gratis WiFi en Netflix beskikbaar.

Die konferensie-lokaal het sitplek vir 32 tot 60 persone, en is ideaal vir funksies. 'n Spyskaart is beskikbaar indien dit vooraf gereël word en is teen 'n addisionele koste beskikbaar.

Die lodge het 'n knus eetkamer waar gaste 'n heerlike ontbyt teen 'n ekstra koste. Daar is ook 'n gastesitkamer met 'n kaggel, 'n privaat kroeg en 'n tuin met 'n fontein waar voëltjies bad.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Ontbyt beskikbaar
Toeganklik vir kosaflewerings-apps
Mooi uitsig

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 66 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Kelita K
Gesin met klein kinders
5.0
Aangenaam, gemaklik, gesellig. Die diens was puik en almal was baie gasvry. Kamers was baie mooi ingerig.
Aug 2025
Ronell M
5.0
Wil weer kom om dan te kuier. Groot dankie. Ek het min tyd hier spandeer omdat ek by 'n funksie by die lughawe betrokke was. Sal weer kom bly om die p...
Sien meer
Jul 2025
Chris W
Saam met vriende
5.0
Vriendelike mense, skoon en netjiese verblyf. Ek sal Platinum Airport Lodge vir seker aanbeveel, ons het lekker gebly en is vriendelik ontvang.
Jul 2025
Yolinda P
5.0
Uitstekend! Baie lekker geslaap. Heerlike ontbyt!
Jun 2025
Lizelle O
Saam met lewensmaat
5.0
Veilig. Ons het heerlik geslaap in 'n netjiese kamer.
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Belinda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 66

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • 18 Navache Avenue, Cynthia Vale, Pretoria, 0110, Gauteng
  • Gaste dink Platinum Airport Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 720
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 720
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 720
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 61 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 18 Navache Avenue, Cynthia Vale, Pretoria, 0110, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd07f1c33f696b1fd3d5dfe8ff31ada1153cadd33c93e5735c68ba9324206b12b200e6153b6a94d65a123db7ef470f1eb89b5?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R720 per nag (plek vir 2) 66 5 1 5 18 Navache Avenue Cynthia Vale 0110 Gauteng 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -25.649447683681 28.21991533041
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang